Skrywer: Annelie van Jaarsveldt
Jong digters en skrywers: Hier is jou kans om jou kreatiwiteit vlerke te gee.
Inskrywings vir poësie-afdeling verleng tot 17 Julie 2024!
Beeld se jaarlikse kreatiewe skryfkompetisie is in volle swang en ons leerders en onderwysers word aangemoedig om met hulle Afrikaans te woeker, hulle verbeelding in te span en deel te neem. Vanjaar is daar selfs geleentheid vir onderwyspersoneel om self deel te neem aan die poësie-afdeling.
Elke afdeling het sy eie reëls en inskrywingsprosedures, handleiding en elektroniese registrasievorms en onderskeie sluitingsdatums. Dit is noodsaaklik dat die regte prosedures gevolg word wanneer die elektroniese inskrywings gedoen word.
Kreatiewe skryfkompetisie: Poësie-afdeling vir leerders 2024
Die sluitingsdatum is 17 Julie 2024.
Kreatiewe digkuns wat tussen Januarie en 30 Junie vanjaar geskep is, mag ingeskryf word in een van die vier poësie-afdelings. Dit is:
- Afrikaans huistaal (hoërskole)
- Afrikaans eerste addisionele taal (hoërskole)
- Afrikaans huistaal (laerskole)
- Poësie-afdeling vir onderwysers.
Kreatiewe skryfkompetisie vir onderwysers: Poësie 2024
Die sluitingsdatum is ook 17 Julie 2024.
Deelnemende onderwysesrs mag slegs een gedig instuur vir die onderwysersafdeling.
Kreatiewe skryfkompetisie: Opstelafdeling en Ope-afdeling 2024 – slegs vir leerders
Die sluitingsdatum is 16 September 2024.
Die opstelafdeling word aangebied met die kurrikulum (per graad) as riglyn. Die lengte word bepaal deur die graadspesifieke kurrikulum. Slegs leerders mag hieraan deelneem. Skryfwerk wat tussen Januarie en 31 Augustus 2024 geskyf is, mag ingeskryf word. Opstelonderwerpe is die deelnemers se eie keuse.
Die ope-afdeling word vanjaar by die opstelafdeling ingesluit. Dié afdeling het ‘n vaste tema, naamlik: “Wat ek die beste in Afrikaans kan sê.” Daar sal net een wenner in die ope-afdeling gekies word.
Skryf so in
- Besoek ebeeldskool.co.za, kies “kreatiewe skryfkompetisie” en volg die instruksies noukeurig.
- Daar moet geregistreer word en elke leerder se getikte skryfstuk moet by die regte afdeling se registrasiedokument opgelaai word met volledige inligting (leerder se naam, graad, soort skryfwerk, titel en kategorie) daarby.
- Bepalings en voorwaardes kan op die webtuiste verkry word.
Pryse
Alle deelnemers sal sertifikate ontvang.
Die wenner in elke kategorie wen R3000 kontant, asook kursusse van R4 900 van Multidimensions vir hulself en hul Afrikaansonderwyser.
Naaswenners ontvang R1 500 kontant, en kursusse van R2 500 van Multidimensions vir hulself en hul Afrikaansonderwyser.
Leerders wat die derde plek behaal, wen R500 kontant en ‘n Multidimensions-kursus ter waarde van R1 500 vir hulself en hul Afrikaansonderwyser.
Die onderwyser wat die poësie-afdeling vir onderwysers wen, ontvang R3 000, naaswenner en derde plek kry onderskeidelik R1 500 en R500.
Borge
Hierdie kompetisie word trots geborg deur die hoofborg, die Afrikaanse Onderwysnetwerk (AON). Medeborg is Afrikaans.com. Kursusborg is Multidimensions.
Navrae:
Stuur ‘n e-pos aan skool@beeldskool.co.za of gaan lees meer by Beeldskool – Kreatiewe Skryfkompetisie – Inligting (ebeeldskool.co.za)