Voorskool

Dit is baie belangrik dat ons kinders reeds van kleins af gestimuleer, ontwikkel en opgevoed word deur middel van vroeëkinderontwikkelingsprogramme. Hierdie programme gee kinders die geleentheid om die basiese vaardighede wat nodig is vir suksesvolle leer, vroeg vas te lê. Ons voorskoolafdeling spog met ’n kleuterkurrikulum wat bestaan uit 40 gratis lesplanne vir onderskeidelik peuters 2 tot 4 en graad pre-R en R. Hierdie lesplanne, saamgestel deur die kundiges van Oasis Club Learning, sal elke opvoeder wat dit gebruik in staat stel om konkrete en moeilike konsepte op prettige wyse oor te dra. Verder bied hierdie afdeling ook lekker leeshulpmiddels, luisterstories, videoreekse en aflaaibare aktiwiteite.

Gee jou kind ’n voorsprong!

Skoolgereedheid