Skrywer: Marie Brümm
’n Malvalekker-yskastert is een van daardie “golden oldies” wat voel soos ’n ou Neil Diamond-liedjie wat in die agtergrond speel. Met kondensmelk, malvalekkers en Tennisbeskuitjies is dit ’n soet, nostalgiese Suid-Afrikaanse lekkerny.
Bestanddele:
1 x 385 g-blikkie kondensmelk
125 ml suurlemoensap
250 g malvalekkers, gesnipper
12 verglansde kersies, gesny
1 x 440 g-blikkie fyngesnipperde pynappel, gedreineer
500 ml vars room
200 g Tennis-beskuitjies
Metode:
- Meng die kondensmelk met die suurlemoensap.
- Voeg die malvalekkers, kersies en pynappel by.
- Klits die room goed styf en meng dit by.
- Pak ’n laag Tennis-beskuitjies in ’n vierkantige bak.
- Gooi die vulsel versigtig oor die beskuitjies en verkoel.







