Welkom by die Afrikaans.com-kinderboekrak. Klik op die titels hieronder om die oorspronklike stories gratis af te laai.

In hierdie reeks beoog Anzil Kulsen om temas soos onder andere geldsake, gesinseenhede, afsterwe van geliefdes en aanneming, op ‘n maklik verstaanbare manier vir jong lesers aan te bied. Die stories is ook terselfdertyd heerlik om na te luister en sal ‘n aanwins vir enige klaskamer, ouer, ouma, oupa, oom, of tannie wees. Iranda Erasmus is die illustreerder.

Die Bere Wat Beskerm
Hierdie storie moedig aanvaarding van verskillende tipes gesinseenhede aan.
Luister nou:

Skippie Leer Geldsake
Hierdie storie leer kinders oor die basiese beginsels van geld en rykdom.
Luister nou:
LekkeLees.com is gestig deur die kinderboekskrywer Jana Snyman. Dit dien as ‘n platform om gratis boekies aan skole en kinders te verskaf. Daar word maandeliks nuwe opvoedkundige stories geplaas om kinders lief te maak vir lees. Onthou ook om Lekkelees op Facebook en op Instagram te volg.