Hoe Nou?! met Gerhard van Huyssteen (“die professor”) en Su-an Müller-Marais (“die prikkelpop”) is ’n podsendingsreeks wat die oorsprong van allerhande Afrikaanse verskynsels en gebruike ondersoek en verduidelik. Primêr vervaardig vir radio, word Hoe Nou?! ook hier gehuisves omdat dit as heerlike klaskamerhulpbron kan dien, hetsy vir luistertoetse of net lekker luister. Elke episode kan direk vanaf Afrikaans.com gestroom word. Dit kan ook afgelaai word vir gebruik sonder data of Wi-Fi deur op die aflaaiknoppie by elke klankgreep te klik.