In 2015 is daar ’n saadjie geplant en het ’n klein groepie saamgesit om te besluit wat hulle kon doen om hierdie pragtige taal se beeld af te stof en opnuut ’n passie vir Afrikaans onder sy sprekers te laat ontstaan. ‘n Dekade later kan ons met trots sê: Afrikaans.com het ‘n geloofwaardige en gerekende handelsmerk geword en is ons die spreekbuis vir Afrikaans in al sy vorme en dialekte.
By Afrikaans.com gaan dit oor diegene wat elke dag leef in Afrikaans, wat trots is op hul taal en kultuur, maar dis ook vir elkeen wat belangstel in, en meer wil leer oor die taal en sy sprekers. Daarom streef ons na inklusiwiteit, modern en relevant aangebied, met die hoofdoel om te beïnvloed, in te lig, te ondersteun, te onderrig en te inspireer.
Op Afrikaans.com is daar iets vir elke smaak, van interessante in-diepte artikels, profiele, blogs en video’s tot resepte en leefstylbrokkies.
Omdat dit vir ons belangrik is dat Afrikaans op alle vlakke sal aanhou groei, bevorder ons graag organisasies en geleenthede wat die taal vier.
Ons vlagskipprojek: Leerhulp
Ons Leerhulpafdeling het gegroei tot ‘n gehalte en gerekende hulpbron. Hier kry jy leerinhoud vir Afrikaans huistaal en Afrikaans eerste addisionele taal vanaf voorskool tot matriek. Ons het ook ‘n uitgebreide en volledige afdeling vir die vroeëkinderontwikkelingsfase met lesplanne, remediërende materiaal en meer. Op Afrikaans.com se leerhulpblad kan leerders, ouers en onderwysers met selfvertroue kers opsteek by gereed-om-te-gebruik-inhoud ontwikkel deur vakkundiges. Al ons inhoud is boonop gratis en aflaaibaar.
Ons nooi jou uit: Blaai gerus deur die webtuiste en raak saam met ons opgewonde oor die toekoms van die taal.