Laerskoolleerders, ouers en onderwysers kan kies en keur uit die hulpbronne in hierdie afdeling. Hierdie afdeling bied plakkate, studiegidse, klasgidsartikels, luistertoetse, PowerPoint-aanbiedings en volledige klasgidse, soos verskaf deur Lapa Uitgewers. Nie seker of jou kind gereed is vir graad 1 nie? Loer na ons skoolgereedheidsprogram om jou te lei. Verder bied ons ook inhoud vir die grondslagfase (graag 1 – 3) deur Oasis Club Learning sowel as ’n remediërende program vir hierdie drie grade. Graad 4, 5 en 7-leerders sal beslis ook baat by die werkkaarte vir Afrikaans Huistaal en EAT soos verskaf deur CuraParent.