Remediërende onderrig (Taalontwikkeling – Graad 1 – 3)
Wanneer jou kind sukkel op skool kan dit soms ‘n moeilike pad wees. Dikwels is hierdie pad propvol vrae en baie min antwoorde. Dit kan ouers en onderwysers moedeloos maak – en die kind selfs nog meer. Met hierdie hulpmiddels wil ons graag jou pad makliker probeer maak. Die fokus is op die boustene wat gelê moet word in jou kind om ‘n stewige fondasie te vorm waarop verdere taalleer gebou kan word. Met hierdie remediërende program deur Oasis Club Learning, fokus ons op taalleer van graad 1 – 3.

