Niamh Beatrix keer terug na haar wortels en bring hulde aan Afrikaans met haar liedjie, Nou praat jy.
Persverklaring Niamh bring Afrikaans na die internasionale country-toneel en wys dat ons taal tuis kan klink, selfs op ’n wêreldverhoog. Ons lesers ken reeds die talentvolle Suid-Afrikaanse ekspat, Niamh Beatrix Smith, wat bekendheid verwerf het vir haar treffende vertolking van Die Heuwels Fantasties se Klein Tambotieboom, asook haar selfgeskrewe liedjies…











