Slim. Maklik. In jóú taal.
Afrikaans.com stel met trots ‘n eerste in sy soort bekend: Afrikaans.ai – ’n kragtige digitale funksionaliteit wat kunsmatige intelligensie en websoektogte bymekaarbring … alles op een plek … in Afrikaans!
Afrikaans.ai is veel meer as net ’n KI-hulpmiddel. Dis ’n slim funksionaliteit wat:
- Inligting van verskeie aanlyn bronne kombineer om vinnig volledige antwoorde te bied.
- Antwoorde in maklik, verstaanbare Afrikaans weergee.
- Bronne duidelik uitwys sodat jy verder navorsing kan doen.
- Jou toelaat om te kies tussen websoektogte en KI-gegenereerde insigte.
Twee slim maniere om te soek
- Wêreldwye Web: Met hierdie funksionaliteit kan jy die algemene web deursoek.
- Kunsmatige Intelligensie: Hierdie funksionaliteit laat jou toe om inhoud te skep, bestaande inhoud te verkort, antwoorde te genereer, en vele meer.
Of jy nou ’n ouer, ’n onderwyser of ’n student is of net nuuskierig is oor die wêreld om jou – Afrikaans.ai is vir jou.
Wees een van die eerstes om hierdie nuwe era van Afrikaanse intelligensie te ontdek.