Afrikaans.com Vlogs

Maak my 'n miljoenêr-reeks

Kyk saam as jy kan “doen met ’n miljoen”. Hoor wat sê ons jong entrepreneurs oor hulle besighede, die uitdagings waarvoor hulle te staan gekom het en hul suksesse. Hulle was almal in die top 10 van die 2023-Via-reeks: “Maak my ’n miljoenêr”.

Die entrepreneur Albert van Wyk se droom was nog altyd om entrepreneurskapbewustheid onder ons jong mense te skep en om hulle te wys dat dit prakties en moontlik is om met die regte mentorskap en ondersteuning, ’n goeie sakeplan en harde werk, sukses te behaal – en wie weet, ’n miljoenêr te word. Dit het gelei tot die kompetisie, “Maak my ’n miljoenêr”, wat in 2023 op Via, DStv-kanaal 147 uitgesaai is. Talle skole is besoek en leerders is uitgenooi om in te skryf. Elkeen moes ’n kort video maak waarin hulle hulself voorstel en meer vertel oor hul besigheid. Die top 20 is agt maande lank gementor en geleer hoe om hulle besighede te groei. Hulle moes ook ’n paar uitdagings wat hul entrepreneursvaardighede getoets het, trotseer en uiteindelik is 10 finaliste gekies waaruit die drie wenners gekies is. In die eerste plek was Shaniqua Steenkamp, tweede was André Smit en Phillip Bredenhann het met die derde plek weggestap.

Inskrywings vir 2024 is reeds oop. Gaan kyk gerus hier  vir meer inligting.

#afrikaansaanlyn

Meertaligheid

PappaChef-reeks

In die Klaskamer-reeks

Finansies 101

Waar begin ‘n mens met inkomstes en uitgawes? Albert van Wyk help jou om ‘n objektiewe blik van jou finansies te verkry. Lees die volledige artikels hier.

Nico-Klets

Sezoe sê soe - Idiome