Afrikaans.com Projekte

Projekte

Veldtogte

Kersfeeskaartjies

Moedersdagkaartjies

Vadersdagkaartjies

Valentynskaartjies

Muurprojekte 2020

Raithby Primêr

Op Vrydag, 16 Oktober 2020, het Afrikaans.com die skoolmure van Raithby Primêr opgehelder met pragtige muurkuns en leerders opnuut daaraan herinner dat hulle die uniekheid en diversiteit van hul taal moet vier en eienaarskap van hulle taal en identiteit moet neem.

Laerskool Cloetesville

Op Vrydag, 16 Oktober 2020, tydens die onthulling van die Afrikaans.com-muurkuns by Laerskool Cloetesville, kon die gemeenskap van Cloetesville die leerders van ver af hoor sing. Met hierdie projek inspireer Afrikaans.com leerders om hul drome vlerke te gee met Afrikaans.

Hawston Primêr

Vir die gemeenskap van die vissersdorp Hawston en veral die leerders van die Overstrand-omgewing sal hierdie Afrikaanse muur vir altyd ‘n herinnering bly van ‘n betowerende Kunstekaapvertoning en die boodskap van Afrikaans.com dat hulle groot kan droom en tot enigiets in staat is.

Hoërskool Bergrivier

Afrikaans.com het gaan inloer by Hoërskool Bergrivier vir die verf van een van hul skoolmure. Met hierdie muurprojek inspireer ons skole en gemeenskappe met die boodskap dat jy enigiets kan wees in jou moedertaal.

Hoërskool Lückhoff

Met Afrikaans.com se Muurprojek bring ons kleur, inspirasie en hoop na skole en gemeenskappe! Ons het by Hoërskool Lückhoff besoek afgelê waar ons een van hul mure opgetower het met inspirasieboodskappe oor moedertaal.

Hoërskool Scottsdene

Jy kan droom in jou taal! Dis die boodskap van hoop wat Afrikaans.com by die leerders van Hoërskool Scottsdene tuisgebring het, met ons besoek aan die skool en die verf van een van die skoolmure. Ons het ook met van die leerders gesels om te hoor wat hulle graag eendag in hul taal sal wil doen.

Muurprojekte tot dusver