’n Heerlike meevaller wag vir diegene wat flink genoeg spring om kaartjies vir die Musiekspyskaart-konserte by vanjaar se Musiekindaba in die hande te kry. Kunstenaars soos Coenie de Villiers, Anton Goosen, Tarryn Lamb, Rocco de Villiers, Neil Sandilands, Loki Rothman, Gian Groen, Emo Adams en Amanda is ’n paar van die kunstenaars na wie jy teen 50% afslag kan gaan luister, mits jy van die afslagkaartjies in die hande kan kry.
Die musiekindaba op Stellenbosch duur vanaf 30 November tot 3 September en afgesien van die musiekkonserte op die Musiekspyskaart, is daar werkswinkels, praatjies en meesterklasse. Daar wag ’n fees op rolspelers, kunstenaars en aanhangers in die musiekbedryf.
Kaartjies is by Quicket beskikbaar
Produksies waarvoor kaartjies teen 50%-afslag beskikbaar is:
OUDE LIBERTAS AMFITEATER
Rock & rumba
Arno Carstens, Hassan’adas en Sima Mashazi
30 November om 20:00. 100 kaartjies teen afslag beskikbaar.
Hip-hop, bop & pop
Jack Parow, Early B, Loki Rothman en die Blake Hellaby-kwintet
1 Desember om 20:00. 200 kaartjies teen afslag beskikbaar.
Altyd immer
Tarryn Lamb, Coenie de Villiers, Anton Goosen, Gian Groen, Robert Bolton
3 Desember om 20:00. 100 kaartjies teen afslag beskikbaar.
Kaapse jol
Emo Adams
3 Desember om 15:30. 150 kaartjies teen afslag beskikbaar.
Waar die hart is
Neil Sandilands, Andriëtte Norman, Louis Mhlanga, Sima Mashazi, Albert Frost en Schalk Joubert
2 Desember om 20:00. 100 kaartjies teen afslag beskikbaar.
ADAM SMALL TEATER
Hoe ons voel
Amanda Strydom, Coenraad Rall, Frank Freeman vier Johannes Kerkorrel se musiek
1 en 2 Desember om 20:00. 100 kaartjies per vertoning teen afslag beskikbaar.
ENDLER
Boeremusiek en mirrorballs
Rocco de Villiers
30 November om 20:00. 150 kaartjies teen afslag beskikbaar.
FISMER
Dean Balie: Toonsettings van die digters
30 November om 19:00. 100 kaartjies teen afslag beskikbaar.
The Notes of the Ancestral Spirits
Dizu Plaatjies en Ibuyambo
1 Desember om 13:00. 100 kaartjies teen afslag beskikbaar.
Ramon Alexander: Ode aan Goema
Ramon Alexander-sekstet met Nicolas Miso
1 en 2 Desember om 19:00. 100 kaartjies vir elk van die vertonings teen afslag beskikbaar.