Musiekindaba: ’n Eerste vir Afrikaanse musiek.
Ontdek, ontgin, ondersteun!
30 November tot 3 Desember 2022 in Stellenbosch.
Samewerking en evolusie. Hoe kan ons saamwerk vir ’n beter musikale toekoms? Dis tyd om te praat.
Musiekindaba bring kunstenaars, die ganse musiekbedryf en musiekliefhebbers byeen om koppe bymekaar te sit, verhoudinge te bou, loopbane te groei, te leer, inligting te deel en die wonderwêreld van musiek te vier.
“Die konsep vir die Musiekindaba het twee jaar gelede gekom ná gesprekke met rolspelers in die musiekbedryf,” sê Karen Meiring, hooforganiseerder van die Musiekindaba wat in Desember in Stellenbosch gehou word. “Intussen is die bedryf nog verder deur die pandemie getref. Daarom is dit juis nou ’n uitstekende tyd om die bedryf en al sy rolspelers en belanghebbendes bymekaar te bring vir opwindende toekomsgerigte gesprekke waar daar onder meer oor nuwe tendense en verskeie ander belangrike onderwerpe gepraat gaan word.”
Die Musiekindaba, in samewerking met kykNET, Netwerk 24, Huisgenoot, Die Burger, Beeld, Volksblad en Kuier, gaan hoëprofiel-sprekers op die program hê met paneelbesprekings en werkswinkels wat elke dag aangebied gaan word. Daar gaan ook geleenthede wees vir nuwe talent om skouers te skuur met legendes, bemarkings- en netwerkgeleenthede asook lewendige optredes.
“Musiek is deel van ons lewe en ons sien uit daarna om saam planne te beraam en ’n blink toekoms vir musiek in Suid-Afrika te verseker,” sê Karen.

Die Musiekindaba word van 30 November tot 3 Desember 2022 in Stellenbosch gehou. Registrasie vir die Musiekindaba open op 21 September 2022. Die volle program, wat lewendige optredes insluit, sal later bekend gemaak word.
Registrasie op die webtuiste: www.musiekindaba.co.za (vanaf 21 September.)
Sosiale Media:
Instagram @musiek_indaba
https://www.instagram.com/musiek_indaba/
https://www.facebook.com/MusiekIndaba
TikTok @MusiekIndaba
