Musiekskatkis

’n Huldeblyk aan die liedjies en vroue wat ons musiekskatkis help vorm het.

Skrywer: Johan David Brits Foto’s: Rina G. Coetzee   Met ’n klokhelder stem wat moeiteloos tussen oktawe beweeg, stof die sangeres en aktrise Stephanie Baartman musiektreffers uit die verlede af in die splinternuwe verhoogproduksie “’n Skatkis uit ons Musiekverlede”. Dié produksie is ’n intieme, maar kragtige huldeblyk aan die liedjies – en veral die vroue…

Niamh Beatrix Smith

Niamh Beatrix keer terug na haar wortels en bring hulde aan Afrikaans met haar liedjie, Nou praat jy.

Persverklaring Niamh bring Afrikaans na die internasionale country-toneel en wys dat ons taal tuis kan klink, selfs op ’n wêreldverhoog.  Ons lesers ken reeds die talentvolle Suid-Afrikaanse ekspat, Niamh Beatrix Smith, wat bekendheid verwerf het vir haar treffende vertolking van Die Heuwels Fantasties se Klein Tambotieboom, asook haar selfgeskrewe liedjies soos Irish Lad en Approval…