Erik Kruger, entrepreneur, leierskapsafrigter en skrywer, het min bekendstelling nodig. As spreker en afrigter het hy al onder andere saam met Nedbank, kykNET, Sasfin en individue soos Marnus Broodryk gewerk.
In sy splinternuwe boek, Dangerous, onthul hy sy geheime tot besigheids- en persoonlike sukses. Dangerous gaan daaroor om weer beheer te neem van jou lewe. Dit is van toepassing op elkeen van ons, van joernaliste tot bekendes, pastore, ouers, besigheidsleiers, entrepreneurs, onderwysers en paartjies.
In hierdie onderhoud gesels Afrikaans.com se inhoudsredakteur en assistentprojekbestuurder, Lara Erasmus, met Erik om die volgende vrae te beantwoord:
- Wat dit beteken om ‘’gevaarlik’’ in teenstelling met skadeloos of roekeloos te wees.
- Praktiese toepassings van die dangerous-konsep binne ‘n mens se persoonlike en professionele lewens.
- Hoe om te identifiseer in watter toestand van bestaan jy in verskillende aspekte van jou lewe verkeer.
- Boeke en skrywers wat Erik graag aanbeveel.
- Erik se mees produktiewe gewoontes.
Dangerous is op 3 Mei 2022 bekendgestel en het reeds die vyfde plek ingeneem op Exclusive Books se Top 10-besigheidsboekelys. Die boek is landswyd in boekwinkels beskikbaar en ook aanlyn op digitale winkels soos Amazon. Vir Erik se nuutste gedagtes en idees, volg hom gerus op sosiale media of besoek sy webtuiste.
SOSIALEMEDIASKAKELS:
FACEBOOK: https://www.facebook.com/erik.kruger.359
INSTAGRAM: @erik_kruger
TWITTER: @EricKruger
YOUTUBE: https://youtube.com/c/ErikKruger
TIKTOK: @erik_kruger
MEDIA- EN PR-NAVRAE:
STARBURST PROMOTIONS.