Bemarking was nog altyd Magriet Groenewald se passie. Dit is immers wat sy gaan studeer het. Maar jare lank het dit vir haar gevoel asof sy nie regtig besig was om haar ware doel uit te leef nie.
Met die geboorte van haar tweede biologiese dogter, Christi, het sy in 2015 besluit dat dit tyd was vir ’n verandering.
Sy wou nie meer kantoorgebonde met vaste ure wees nie en wou graag iets doen wat sy geniet.
Magriet.co word gebore
Met haar oog op ‘n nuwe loopbaanrigting, het Magriet haar destydse werkgewer die trekpas gegee om haar bemarkingsloopbaan ’n nuwe rigting in te stuur… al moes sy haar kar verkoop om verder aanlyn te studeer, omdat haar oorspronklike kursus nie sosialemediabemarking ingesluit het nie en sy ’n gaping in dié mark raakgesien het.
Vandag is Magriet nie net een van die mees gesogte bemarkingspesialiste op sosiale media nie, maar ook die eienaar van Magriet.co, ’n aanlyn sosialemediabesigheidskool wat studente oplei om die beste resultate op sosiale media te kry.
Gratis e-gids met wenke om jou merk aanlyn te maak
Dit is vir Magriet absoluut belangrik om elke entrepreneur, besigheidseienaar en beïnvloeder (influencer) te bemagtig om aanlyn te floreer, sodat hulle besigheid of handelsmerk daarby kan baat.
Daarom het sy ’n gratis e-gids vrygestel om mense te help om op Instagram raakgesien te word.
“Instagram is een van die beste sosialemediaplatforms vir handelsmerke om lojale volgelinge te kry. Jy moet net op ’n paar dinge fokus en jou nie so baie oor die kompetisie bekommer nie,” sê sy.
1. Moenie bang wees om te begin nie
Jou besigheid kan nie groei as mense nie daarvan weet nie. Die belangrikste is om so gou as moontlik daaroor te begin praat. Moenie aan die begin te veel bekommerd wees oor hoeveel reaksie jou plasings uitlok nie. Beplan jou inhoud en deel elke dag iets interessant oor jou produk of besigheid, sodat jy kan sien waarvan jou volgelinge hou. Jy sal verbaas wees oor hoe vinnig jou aanlyn gemeenskap groei.
2. Besluit wie jou teikengehoor is
As jy nie baie spesifiek is oor met wie jy aanlyn praat nie, gaan niemand vir jou luister nie. Jou produk of besigheid moet dié antwoord wees op jou teikengehoor se behoefte of probleem. Die plasings wat jy maak moet spesifieke mense oortuig dat jou produk of raad die beste is vir hulle.
3. Bemeester die kuns van die hutsmerk
Wanneer jy hutsmerke gebruik, is dit makliker vir mense om jou op te spoor. Doen jou huiswerk en vind uit watter hutsmerke relevant is vir jou besigheid of produk. Moenie net fokus op algemene gewilde hutsmerke nie, maar kies ook soms nis-hutsmerke wat minder gebruik word en meer uniek is.
Vir nog wenke om jou merk aanlyn te maak, laai die gids hier af.
Meer oor Magriet
Gedurende sewe opwindende jare in die bedryf, het sy al saam met verskeie bekendes gewerk, waaronder Schalk Bezuidenhout, Minki van der Westhuizen, Hykie Berg, Karlien van Jaarsveld, Simoné Pretorius (Nortmann), Leandie du Randt, Anel Alexander, Erns Grundling, Neels van Jaarsveld, Nic Rabinowitz, dr. Kobus Neethling, Katinka die Kat, Angelique Gerber, Tumi Morake, Nico Panagio, Wouter Snyman, Rob van Vuuren, Andriëtte Norman, Suna, Dozi, en nog vele meer.
Wanneer sy nie besig is met bemarkingsplanne nie, geniet sy dit om tyd in die buitelug te spandeer en te lees. Sy verklap ook dat sy graag ’n professionele polo-speler en -afrigter sou wou wees as sy ’n ander beroep moes kies en het in die verlede vir Vrystaat se provinsiale span gespeel.
Magriet is in Clocolan in die Oos-Vrystaat gebore en woon tans in Somerset-Wes saam met haar man, Christiaan, en drie van hul vyf kinders.
Sy glo dat die wêreld ’n beter plek kan wees as almal die vaardighede tot hulle beskikking inspan om ’n verskil te maak.
“Ek wil soveel moontlik entrepreneurs bemagtig om hulle unieke talente te ontdek en te deel, sodat hulle ’n groter impak op die wêreld kan hê,” sluit sy af.
SOSIALEMEDIASKAKELS:
TikTok: @Magrietgroenewald
Facebook: https://www.facebook.com/magrietgroenewaldsocial
Instagram: @Magriet.co
Twitter: @Magriet.co
Webblad: www.magriet.co
YouTube: Magriet Groenewald
PUBLISITEIT & BEMARKING:
STARBURST PROMOSIES
Alishia van Deventer
Sel: 083 635 4717
E-pos: alishia@starburstmusic.co.za
Webblad: www.starburstmusic.co.za