Die Suid-Afrikaanse Sentrum vir Digitale Taalhulpbronne
“Deur taal kommunikeer ons met die wêreld. Deur taal definieer ons identiteit. Deur taal druk ons geskiedenis en kultuur uit. Deur taal verdedig ons menseregte. Deur taal neem ons deel aan alle aspekte van die samelewing … “ – Internasionale Jaar van Inheemse Tale – inleiding op Unesco- webblad
SADiLaR staan vir South African Centre for Digital Language Resources – ’n nasionale sentrum by die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus. SADiLaR word deur die Departement van Wetenskap en Tegnologie ondersteun as deel van ’n nuwe Suid-Afrikaanse Navorsingsinfrastruktuurroete (South African Research Infrastructure Roadmap – SARIR).
SADiLaR is in 2017 gestig met die hoofdoel om taalhulpbronne en elektroniese hulpmiddels byeen te bring om Suid-Afrika se inheemse tale in die digitale era te ontwikkel, asook om bestaande bande met soortgelyke entiteite wêreldwyd te bevorder. Twee jaar later en SADiLaR bedien kliënte van oraloor. Kliënte sluit in akademici en professionele persone betrokke by die Geesteswetenskappe, Taaltegnologie, Rekenaarwetenskap asook potensiële eindgebruikers in opvoeding, besigheid en industrie.
Vir meer inligting oor SADiLaR, skakel Liané van den Bergh by +27 18 285 2870 of info@sadilar.org
Lees meer oor SADiLaR en hul bedrywighede hier

#IYIL2019 – Internasionale Jaar van Inheemse Tale: SADiLaR vier Suid-Afrika se amptelike tale
“Sonder taal is die mens soos ’n slimfoon sonder toepassings.” – Marc van Oostendorp, taalkundige
As deel van die vieringe van Unesco se Internasionale Jaar van Inheemse Tale het SADiLar ’n maand van 2019 (vanaf Februarie tot Desember) aan elk van Suid-Afrika se 11 amptelike tale toegeken. Gedurende daardie maand word daar dan werkwinkels en kollokwiums georganiseer en idees uitgeruil “om bewustheid van die taal, bestaande hulpbronne en die ontwikkeling van nuwes te verhoog”. Afrikaans kom in April aan die beurt.
“Die ewewêrelde van Afrikaans”
Op Woensdag, 17 April 2019 word daar by die Sport Village by NWU se Potchefstroomkampus ’n werkwinkel aangebied om “bewusmaking te skep oor waar Afrikaans oral sy stempels afdruk en kan afdruk”.
Temas wat bespreek sal word:
Letterkunde, taalkunde, digitale humaniora, Kaaps, ewewêrelde, bevordering van Afrikaans.
Die werkwinkel is gratis en registrasie is nog tot 5 April oop.
Navrae: Kontak Benito Trollip by benito.trollip@nwu.ac.za of skakel hom by 018 285 2854.
Lees meer oor die werkwinkel en program, of om te registreer hier
Lees ook:
SA se Aksieforum ter viering van 2019 Internasionale Jaar vir Inheemse Tale. Klik hier
Jana Luther van VivA se blog oor onder andere SADiLaR: Mens sonder taal soos slimfoon sonder apps. Klik hier
Bewaar ons taal- en kultuurerfenis met ’n digitale biblioteek. Klik hier