Skrywer: Annelie van Jaarsveldt
Ons topatlete is hard aan die voorberei vir die Olimpiese Spele. Teselfdertyd is die FAK besig om as deel van die Afrikaans 100-projek, hul taalspiere te strek en te oefen vir die eerste Taallimpiese Spele.
Jy het die kans om deel te neem en met woorde te woeker. Daar is blokkiesraaisels, woordsoek-raaisels, kodeblokraaie, woordskommel-raaisels en nog meer. Alles saamgestel om jou taalspiere tot die uiterste te beproef.
Wie kan deelneem?
Enige iemand vanaf 10 jaar plus wat hou van Afrikaans. Die meeste van die afdelings wat deel uitmaak van die Taallimpiese Spele gaan aanlyn plaasvind, behalwe een dag waar daar ‘n fisiese Afrikaansspele by die Voortrekkemonument aangebied word. Hierdie dag vind op 3 Augustus plaas.
Die aanlyn kompetisie
Almal sal op 25 Julie toegang kry tot die webblad waar die speletjies gespeel gaan word. Daar sal ‘n e-pos gestuur word met al die nodige inligting.
Gaan vul net eers die vorm in om jouself te registreer. Volg die skakel en neem deel: https://projekte.co.za/afrikaans-amptelik-100/