Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns vra nominasies vir die Jan H. Maraisprys 2022. Die doel met die prys is om erkenning te gee vir ’n uitstaande lewenslange bydrae tot Afrikaans as wetenskapstaal deur wetenskaplike werk en publikasies op ’n hoë vlak en van hoë gehalte in Afrikaans.
Nominasies sluit op Vrydag, 25 Februarie 2022. Bekendmaking van die prys geskied einde April en die oorhandiging vind op 26 Mei 2022 in Stellenbosch plaas.
Die prys is in beginsel vir natuurlike persone bedoel, maar die keurkomitee mag ook besluit om dit aan ’n instelling of vereniging wat besonder verdienstelik is om Afrikaans as wetenskapstaal te bevorder, toe te ken. Die prys mag nie tussen meerdere pryswenners verdeel word nie. Dit staan die keurkomitee ook vry om in ‘n bepaalde jaar geen toekenning te maak nie.
Prysgeld:
Prysgeld beloop R750 000 en die persoon ontvang tans ook ’n beeldjie, ‘Helpende Hand’, deur Coert Steynberg .
Nominasieformaat:
- Die voorsteller moet duidelik motiveer waarom ’n bepaalde kandidaat/instansie genomineer word.
- ’n Nominasie moet deur ’n voorsteller en twee sekondante onderteken word.
- Die grootste mate van vertroulikheid moet gehandhaaf word.
- Die volle name van die kandidaat, voorsteller en sekondante, asook landlyn- en selfoonnommers, adresse en e-posadresse moet verskaf word.
- ’n Voorstel moet gesteun word deur die jongste curriculum vitae asook publikasielys van die kandidaat, indien van toepassing.
- By die toekenning van die prys is die keurkomitee se besluit finaal. In die geval van ’n nominasie wat nie suksesvol is nie, sal geen korrespondensie of gesprekke na die toekenning gevoer word nie – nie met voorstellers en ook nie met kandidate nie.
Rig nominasies per e-pos aan:
Die Hoof- Uitvoerende Beampte ambeukes@akademie.co.za en c.c. nellie.engelbrecht01@gmail.com
Navrae: Hoof- Uitvoerende Beampte, prof. Anne-Marie Beukes by 083 675 8053.