Leer Sesotho … in Afrikaans!

Tuis 5 Weet dit 5 Taalnuus 5 Leer Sesotho … in Afrikaans!
Sesotho

In Suid-Afrika is meertaligheid nie net ‘n realiteit nie, dis ‘n voorreg. Dis immers net in ons pragtige land waar burgers en besoekers kan spog met 11 amptelike tale. Terwyl Afrikaans altyd ons liefling-taal sal wees en bly, omarm ons daarom meertaligheid en wil ons jou graag bemagtig om meer van ons landstale te bemeester. Na die sukses van ons Zoeloe-reeks saam met Pietie Beyers, is dit met groot opwinding dat ons nou ook ‘n Sesotho-reeks bekendstel saam met die merkwaardige Pulane Nel-Sekepe. Episodes sal weekliks vanaf 9 September 2021 beskikbaar wees, met 8 episodes wat tans beplan word.

Waarom Ke Bala Sesotho? Dit beteken “ek leer Sesotho” … kom leer saam!

Les 1 – Groetvorme

Laai vandag se les af, klik hier.

Les 2 – Goeie maniere

Laai vandag se les af, klik hier.

Les 3 – Hoe sê mens dit?

Laai vandag se les af, klik hier.

Les 4 – Vra vir aanwysings

Laai vandag se les af, klik hier.

Les 5 – Gelukwensing

Laai vandag se les af, klik hier.

Les 6 – Die liefde blom

Laai vandag se les af, klik hier.

Les 7 – Altyd honger

Laai vandag se les af, klik hier.

Episode 8 – Beroepe.

Laai vandag se les af, klik hier.

Meer oor jou aanbieder en onderwyser: Pulane Nel-Sekepe is ‘n bekende aanbieder, aktrise, en entrepreneur. Sy is passievol oor Suid-Afrika en ons mense, veral ook oor die bemagtiging van vroue. Sy is getroud met Tian Nel en praat 5 van ons amptelike landstale. Klik hier om haar op Instagram te volg.

Sesotho-lesse

by | Sep 28, 2021 | Taalnuus, Weet dit

Deel hierdie plasing