Bron: Persverklaring
“Met hierdie gids kry die ervare én beginnervertaler bruikbare wenke om die vertaalagentskapmark te betree. Wat waarde tot hierdie gids toevoeg, is praktiese voorbeelde van ’n tipiese CV en dekbriewe wat op vertaalagentskappe gerig is. Boonop word alles in keurige Afrikaans beskryf en vir die Suid-Afrikaanse konteks aangepas.”
– Ilse Feinauer (Professor: Ton en Anet Vosloo-Leerstoel in Afrikaanse Taalpraktyk, Universiteit Stellenbosch; Ondervoorsitter: SA Akademie vir Wetenskap en Kuns)
Donderdag 30 September is Internasionale Vertaaldag en net die dag om hierdie gids, gemik op vryskutvertalers en taalwerkers, bekend te stel. “Bemark jouself aan vertaalagentskappe: ’n Praktiese gids vir vryskutvertalers” is ’n beroepsgerigte handleiding met praktiese raad. “Hier kan jy alles lees oor hoe om in die plaaslike en internasionale agentskapsmark vastrapplek te kry as beginner- en ervare vryskutvertaler, asook oor die voordele en nadele van vertaalagentskappe as kliёnte.
Die boek het aanvanklik in Engels verskyn, maar is nou vir die eerste keer in Afrikaans beskikbaar. Daar is ook aanpassings gemaak vir die Suid-Afrikaanse mark.
Afdelings wat onder andere bespreek word:
- Wat om in gedagte te hou voor jy met jou bemarking begin.
- Hoe om ’n CV op te stel wat resultate kry.
- Hoe om die plaaslike agentskapmark te benader.
- Die voordele en nadele van aanlyn werkportale.
- Hoe om oor tariewe te onderhandel en vertaaltoetse te hanteer.
- Veranderinge in die agentskapmark om in gedagte te hou.
- Vrae oor agentskappe met nugter antwoorde.
Vir meer oor die boek of om ’n bestelling te plaas, kontak:
Laetitia Sullivan by hello@translatorbee.co.za
of 084 511 5079
Spesiale aanbod tot 31 Oktober 2021:
PDF/ePub/MOBI (Kindle) – R100
Gedrukte boek (sonder aflewering) – R150
Gedrukte boek (met aflewering) – R210