Al wat Daniel Strauss, entrepreneur, waagkapitalis, en nou skrywer, ooit in die lewe wou hê, is geleenthede. As plaasseun op Keimoes, sou hy nooit kon raai dat die keerpunt in sy loopbaan sou kom toe ‘n Suid-Oos-Asiese besigheidsman hom onder sy vlerk geneem het om die a-b- c van waagkapitaal te leer nie. Nou, ’n hele paar jaar later, is Daniel self ‘n suksesvolle besigheidsman en mentor. In sy eerste boek, Dink soos ‘n miljardêr, hoop hy om dit wat hy deur die jare geleer het aan ander oor te dra.
Luister die eksklusiewe gesprek met Daniel en leer meer oor:
- Wat dit beteken om bo-die-lyn te dink.
- Watter boeke Daniel vir enige voornemende entrepreneur aanbeveel.
- Wat hy beskou as die grootste geleenthede vir persone in Suid-Afrika wat tans reeds ‘n besigheid besit.
- Wat nalatenskap vir hom beteken.
Volg vir Daniel op Instagram, klik hier.
WEN ‘n koopbewys ter waarde van R500.00 saam met Afrikaans.com en Exclusive Books deur in te teken op ons nuusbrief. Klik hier.
Daniel Strauss (38) is ’n entrepreneur en waagkapitalis wat in klein- en mediumgrootte ondernemings belê om hulle te help om vinniger te groei. Hy is die Strauss in die beleggingsbeheermaatskappy, Stocks & Strauss, en het ’n B.Eng. (Bedryfsingenieurswese) en MBA aan die Universiteit Stellenbosch verwerf. As MBA-gegradueerde, tree Daniel gereeld op as gasdosent vir die MBA- en ander universiteitstudente. Oor die jare het hy ook verskillende kursusse in plekke soos China, Singapoer, Maleisië en Indonesië bygewoon, wat hy as van onskatbare waarde beskryf. Dit is ook geen geheim dat hy mentorskap as ’n uiters belangrike deel van elke aspek van ’n persoon se lewe beskou nie.