By Afrikaans.com vier ons JOU moedertaal… Of dit nou Afrikaans, Engels of isiXhosa is! Die Stigting vir die Bemagtiging van Afrikaans (SBA) het ’n digitale boekie getiteld Ons almal drink van dieselfde stroompie, saamgestel. In hierdie boekie word ’n lys isiXhosa-idiome oor water as vertrekpunt gebruik. Aangesien daar nie veel ooreenstemmende Afrikaanse en Engelse idiome daarvoor was nie, is tipiese Afrikaanse en Engelse idiome en spreekwoorde oor water nagevors om op dié wyse al drie tale aan te vul. Verder bevat hierdie boekie ook visuele uitbeeldings van idiome sowel as ’n begripstoets vir die klaskamer. Klik op die prentjie en laai die boekie gratis af.
Deel hierdie plasing