
Die Pesalms vi ôse mense – geskryf deur Dr. Willa Boezak en versorg deur Willem Fransman het pas verskyn.
Ds. Henry Matthys het op Sondagoggend 17 November 2019 die eerste leraar in die geskiedenis geword wat uit die DAK-publikasie, Die Pesalms vi ôse mense, gepreek het. Dit het gebeur in die Belhar-Oos-gemeente van die Verenigende Gereformeerde Kerk en sy boodskap het gekom uit Pesalm 73. Jongmense het, nog voor die erediens begin het, gesê hulle sien uit na ‘n Bybel wat “lekke plat” is – bedoelende natuurlik ‘wat verstaanbaar’ is.
Ds. Matthys sê daar is heelwat belangstelling en mense is opgewonde daaroor.
“Aan die glimlagte op vele gesigte agterna kan ons sien hoe die gemeente hierdie nuwe weergawe geniet het. Uitdrukkings soos ‘die dywel het mit my kop gesmokkel’ was treffers.”
Willem Fransman het met dr. Boezak gesels
Die boek kan direk bestel word by willaboezak@gmail.com
Lees meer oor dr. Willa Boezak hier