Waldimar Pelser, redakteur van Rapport en aanbieder van KykNET Verslag In Gesprek, is ‘n man wat min bekendstelling nodig het. As ”vreeslose en vlymskerp’’ joernalis word hy bestempel as ‘n uiters belangrike stem in die Suid-Afrikaanse pers, politiek en media. Veral wanneer dit by die bevordering van vryheid van spraak en die hantering van ongeregtigheid kom.
Sy joernalistieke loopbaan, wat in 2001 by Die Burger begin het, en sedertdien bond en breed oor die Suid-Afrikaanse en wêreldlandskap strek, word in sy nuwe boek opgesom en gevier. Die boek, In gesprek met Waldimar, bevat sy 100 beste ontledings, inleidings en beledigings.
Alles, van die penarie met SAL, Zuma se manewales, Mmusi Maimane se teleurstellende leierskap, die Gupta’s en nog meer, word sonder skroom aangevat en oopgevlek. Die boek gee ‘n uiters goeie oorsig en insig tot die Suid-Afrikaanse politieke en ekonomiese landskap oor die afgelope twee dekades en is ‘n moet lees vir elkeen wat wil verstaan waar ons land vandaan kom en graag ‘n rol wil speel in die skep van ‘n beter toekoms vir elkeen – om te verstaan waarheen ‘n mens op pad is, moet ‘n mens immers weet waarvandaan jy kom.
Waldimar het met Afrikaans.com oor sy boek gesels.
Die boek is nou landswyd op winkelrakke beskikbaar.