Met Erfenisdag om die draai is dit gepas om ons taalerfenis en kultuur opnuut te vier. Een van die dinge wat ons kan doen, is om meer Afrikaans te lees. Ons Afrikaanse skrywers staan nie ’n aks terug vir hulle Engelse en oorsese eweknieë nie, trouens talle van ons skrywers se boeke word wyd vertaal en versprei en kan ons daarom met trots hulle boeke koop en lees. So gee ons sommer ons uitgewersbedryf en skrywers ’n welverdiende hupstootjie.
As jy graag meer Afrikaans wil lees, maar nie seker is waar om te begin nie, beveel Afrikaans.com graag die volgende facebook-groep aan: Kom ons lees weer Afrikaans! Die groep is begin deur die skrywer en ambassadeur vir Afrikaans, Alta Cloete. Hier vind jy nuus en besprekings oor die jongste vrystellings en interessante brokkies, soos byvoorbeeld waar jy Afrikaanse luisterboeke kan aflaai.
Sluit vandag nog aan by die groep en begin weer Afrikaans lees. Klik hier
’n Lys van Afrikaanse uitgewers
Gaan kyk gerus op hulle webtuistes vir die nuutste aanbod.
LAPA Uitgewers se aanbod is groot en divers. Klik hier.
Naledi maak onafhanklike boekmaak ’n avontuur. Klik hier.
Kraal Uitgewers is ’n gespesialiseerde uitgewer wat veral fokus op publikasies oor die Suid-Afrikaanse geskiedenis. Klik hier.
NB Uitgewers is die grootste algemene uitgewery in die Suid-Afrikaanse boekemark. Hulle publiseer onder sewe hoofdrukname, naamlik Tafelberg, Human&Rosseau, Quellerie, Pharos, Kwela, Best Books en Lux Verbi. Afrikaanse liefdesverhale word onder die drukname Jasmyn, Melodie, Satyn, Hartklop en Mirre gepubliseer. Klik hier.
Protea Boekhuis is die grootste onafhanklike uitgewer in Suid-Afrika. Klik hier.
PEN Afrikaans: Vir ’n omvattende lys van Afrikaanse boekresensies en -gesprekke wat in die media verskyn het, klik hier.
Die uitgewersbedryf blom. Hier is ’n lys van uitgewers. Klik hier
Gaan kyk ook by Lekkerleesboekrak. Klik hier
Om luisterboeke af te laai. Klik hier.
’n Lekker lys leesstof vir die jongspan – maar raadpleeg gerus ook die onderskeie uitgewers se webtuistes vir die jongste titels. Klik hier.