Goed begin is half gewin!
Die afgelope April-skoolvakansie was dalk die laaste ruskansie voordat die graad 12’s in aller yl moet begin voorberei vir die eindeksamen. Oktober voel dalk nog ver, maar met alles wat in die laaste paar maande van ’n skoolloopbaan gebeur, is die GROOT leer voor die deur. Afrikaans.com het so ’n bietjie gaan rondsnuffel om te sien hoe ons kan help om ons leerders met raad en daad by te staan sodat die leerproses net so effens makliker en die stres (ook vir ma en pa) so bietjie minder kan wees.

Kom ons begin by studiewenke
- Stel ’n studierooster op en laat genoeg tyd vir ontspan en slaap.
- Studeer in ’n ruimte waar daar genoeg lig en vars lug is. Organiseer jou werkruimte en hou dit netjies.
- Vind uit watter studiemetode die beste vir jou werk. Neem gereeld 10 – 15 minute ruskansies na ongeveer 35/45 minute studie. Verlaat die studievertrek wanneer jy asem skep.
- Oefening is belangrik. Dit verminder stres en help dat jy beter slaap. Terloops, slaap genoeg.
- Besluit wanneer jy op jou produktiefste is – in die oggend, saans – en stel jou studierooster daarvolgens op.
- Eet gesond en drink genoeg water.
- As jy dit nuttig vind om saam met ander te leer, reël studiesessies.
- Moenie huiwer om hulp te vra nie.
- Sosiale media trek ’n mens se aandag af. Teken uit vir die duur van die eksamen.
Nog nuttige wenke:
- Onderstreep of merk belangrike woorde en idees in kleur – sodat jy dit dadelik raaksien wanneer jy hersiening doen.
- Liasseer jou notas en gebruik gekleurde karton om die leerareas te onderskei.
- Verduidelik die werk aan ’n vriend of vriendin – dit is ’n uitstekende manier om te leer.
- Moenie pille of drankies drink wat belowe om jou wakker te hou en jou brein helderder te maak nie – dit is ongesond en het dikwels die teenoorgestelde uitwerking.
- Doen ou vraestelle.
Jerome Joorst gee die volgende praktiese wenke:
Aan ouers:
Monitor studies sodat dit roetine word en ondersteun jou kinders in hulle skoolwerk met positiewe aanmoediging.
Aan leerders:
- Gee jou beste elke dag – “You have to work like a slave to live like a king.”
- Werk hard, stel teikens, leer positiewe gewoontes aan, glo in jouself.
Aan opvoeders:
- Elke kind is uniek en kom met sy eie geskiedenis, sosiaal-maatskaplike omstandighede en eie siening van die verlede en toekoms. Behandel kinders konsekwent met respek en aanvaar dat daar verskillende maniere is om na ’n ding te kyk. Vier die kind se suksesse. Wees ’n bron van positiwiteit in elke kind se lewe. Maak ’n verskil – al is dit soms baie moeilik.
Notas, toetse en vraestelle
LitNET het ’n omvattende lys. Ons noem net enkeles (klik op die skakels), maar gaan kyk gerus ook by LitNET se akademiese afdeling. Daar is ’n spesiale blad met skakels vir graad 12’s.

Algemeen
- Departement van Onderwys: Nasionale Senior Sertifikaat – vorige eksamenvraestelle.
- Mind the gap-studiegidse in Afrikaans
- Graad12-rekordeksamen 2017: vraestelle en memoranda
Daar is ook luisteroefeninge en voorgeskrewe letterkunde-hulpgidse vir Afrikaans Huistaal en enkele vraestelle en toetse vir Afrikaans Eerste Addisionele Taal. Gaan loer gerus op die skakel. Daar vind jy ook ’n lys met addisionele vraestelle.

Wiskunde
Wiskunde bly maar ’n vak wat soms onnodige stres veroorsaak. LitNET het hierdie handige lysie saamgestel:
- November 2009/2010: Hersieningsvraestelle
- November 2011: Hersieningsvraestelle
- November 2012: Hersieningsvraestelle
- November 2013: Hersieningsvraestelle
- November 2014: Hersieningsvraestelle
- November 2015: Hersieningsvraestelle
Inligtingstegnologie
Februarie/Maart: Vraestel 1 en 2
Fisiese Wetenskappe
Vir ’n indeks oor wat op LitNET beskikbaar is, klik hier
IEB-hulpbronne
Dou Kleefstra haal die stres uit wiskunde
Vir gratis Wiskunde-hulp, gaan kyk gerus op YouTube na oud-onderwyser, Dou Kleefstra, se Mathdou-kanaal. Hier kry jy video’s oor verskeie oplossings op wiskundeprobleme. Dou kan enige probleem waarmee jy sukkel oplos – per WhatsApp of deur ’n video te maak. Vir ’n lys van die video’s op Google, tik die woorde: Mathdou op YouTube. Of kontak hom gerus by 072 409 7605.
Hier is so ’n voorsmakie van Dou se video’s:
Euklidiese meetkunde 1 graad 12 –vraagstuk (KABV-standaard):
Oor hoeke op ’n reguit lyn om meetkundeprobleme op te los:
Lees ook:
Op Teach me2 is daar handige matriekvraestelle. Klik hier
Laai vraestelle (2016) af vir maklike hersiening. Klik hier
Vrouekeur gee ’n lys van 2016-vraestelle om af te laai. Klik hier
Mieliestronk gee raad oor hoe om te leer om jou leerwerk te onthou. Klik hier
Hoe kan ek makliker leer? Klik hier
’n Kursus in studiemetodes. Klik hier
Die Hoërskool Dirkie Uys in Morreesburg gee die volgende studiewenke: Klik hier
Die webtuiste, onniesonline, gee die volgende idees vir hersiening: Klik hier
Klop eksamenstres. Klik hier