Skaakmat.co.za bied kursusse vir beginners en gevorderde spelers aan … in Afrikaans.
Skaak is lekker en boonop maak dit jou slim. Om dit boonop in jou moedertaal, Afrikaans, te leer, is nog ’n pluspunt. Daar is verskeie maniere om skaak te leer speel. So kan jy leer speel by ’n familielid wat jou touwys maak, of jy kan by die skool se skaakklub leer of die dienste van ’n persoonlike skaakafrigter gebruik, maar die webtuiste, skaakmat.co.za maak dit nog makliker.
Die beginnerskursus bestaan uit ’n stel van 10 video’s waarin al die skuiwe, reëls, skaakmat-idees, beginsels, taktiese patrone en so meer, behandel word. Daar is drie pakkette beskikbaar en pryse wissel tussen R240 en R490. Lees meer hier oor die inhoud van die pakkette en hoe jy moet maak as jy dit wil aanskaf.
Interessante feite oor skaak:
- Skaak is ’n verpligte skoolvak in meer as 30 lande.
- Daar is meer boeke geskryf oor skaak as oor enige ander spel of sport.
- Gedurende die tweede wêreldoorlog was top skaakspelers ingespan om geheime kodes te ontleed.
- Meer as 600 miljoen mense wêreldwyd speel skaak op ’n gereelde basis.
- Na slegs drie skuiwe deur elke speler is daar 9 miljoen moontlike posisies op die skaakbord.
- Daar is meer moontlike posisies in ’n skaakspel, as die getal atome in die heelal.
- Die woord “skaakmat” is afgelei van die Persiese woorde “Shah Mat” wat beteken “die koning is dood”.
- Skaak was die enigste spel waarin Albert Einstein belanggestel het.
Nog voordele …
- Skaak bevorder die ontwikkeling van beide die regterbrein (kreatiewe denke), sowel as die linkerbrein (logiese denke).
- Skaak verbeter jou konsentrasievermoë.
- Skaak help kinders om beter te doen in vakke soos Wiskunde en Wetenskap.
- Skaak leer jou om die gevolge van jou besluite en optrede te oordink voor jy dit doen.
- Skaak stel jou bloot aan verskeie sterk emosies en gee jou die geleentheid om te leer hoe om hierdie emosies te hanteer.
- Skaak is ’n spel wat deur jonk en oud geniet word.
Foto: Netwerk24
Waarom jou kind skaak moet speel
- Dit maak jou kind slimmer.
- Dit verbeter sosiale vaardighede.
- Dis ’n uitstekende aktiwiteit vir vakansies.
- Skaak is beter as videospeletjies.
- Dit verbeter konsentrasie.
- Dit help om aandagafleibaarheid en hiperaktiwiteit te beheer.
- Dit verbeter taalvaardighede.
- Dit verbeter logiese denke.
- Dit verbeter verskeie lewensvaardighede.
Lees meer hier
’n Kort geskiedenis van skaak
Skaak is een van die oudste speletjies in die geskiedenis van die wêreld. Daar is heelwat stories omtrent waar skaak die eerste keer begin speel is, maar volgens ’n legende het skaak meer as 1500 jaar gelede ontstaan toe ’n Indiese koning sy raadgewers gevra het om ’n speletjie uit te dink. Die doel van hierdie speletjie moes wees dat dit sy soldate moes leer hoe om nie net te veg in die oorlog nie, maar om te dink oor hoe hulle veg. Die speletjie wat die Koning se raadgewers toe uitgedink het, het oor die jare baie min verander en dit was baie dieselfde as die skaak wat mense in vandag se dae nog speel.
Lees ook …
As jy ’n paar ledige ure het, kan jy op Mieliestronk skaak speel.
Lees ook op Wikipedia oor skaak.
Hoe om jou kind te leer skaak speel. Klik hier
Laai ‘n google app af en leer speel skaak aanlyn. Klik hier