
Sy is kleurvol, geheimsinnig … en talentvol. Jackie Lätti is deel van die hart van Die Wasgoedlyn, saam met Riku Lätti en die Wasgoedlyners verander hulle die Afrikaanse musieklandskap en maak plek vir skrywers, digters en musikante. Hulle breek grense af. Jackie is ’n akteur en ’n sanger. Haar mees onlangse uitreiking as die stem agter Churchil Naude se bruin bliksem is verbysterend met haar dramaties vertolking ala Shirley Bassey. Sy is ook ’n skrywer/digter. Dan is sy ’n stemkunstenaar en radiostem soos gehoor op Wasgoedlyn Volume een asook Jaco Botha se Lulu Lerulu kinder-audioboek wat sy voorlees en talle karakters vertolk. Sy is die matriarg, kostuumkonsultant/garderobemeester van die Wasgoedlyn – die een wat seker maak almal word na omgesien.
Hier is die video: