
Die groep, RymStoff (Christoff de Beer en Raymond Ray) het beslis aandag getrek met hulle eerste enkelsnit, Hartvlinders.
Raymond, ’n regte “rocker” en afkomstig van Rustenburg het in 2003 by Gresham Records aangesluit en die trefferliedjie “Calling” uitgereik. Hy het al die verhoog gedeel met van Suid-Afrika se grootste kunstenaars en het steeds gereeld gehore op hulle voete wanneer hy as hoofsanger in talle van die Barnyard Teaterproduksies optree. Sy vokale vernuf laat toe dat hy liedjies van Bryan Adams tot by Axel Rose kan sing.
Christoff en Raymond se paaie het met die van Hugo Ludik (Stigterslid van ADAM en ook eienaar van Muse Productions) gekruis en Hugo het dadelik die talent raakgesien. Saam het hulle besluit op die naam RymStoff, wat bestaan uit ’n kombinasie van hul name.
Hier is die video: