fbpx

En 2019 se liedjie van die jaar  is …

Elke jaar is daar ‘n liedjie wat uitstaan bo die ander. In 2017 was dit Jo Black se Skepe en in 2018 was dit beslis Tarryn Lamb se Mal oor jou. 2019 kraai Ricus Nel en Snotkop koning met Boerepompie.

Afrikaans.com het met Ricus gesels oor die sukses van die liedjie.

Sy liefde vir musiek …

Ricus vertel dat hy in ‘n huis grootgeword het waar sy ouers en oom baie lief was vir musiek. Daar was altyd verskeie musiekinstrumente in die huis, en dit is hier waar Ricus se liefde vir musiek begin het en hy uiteindelik 13 instrumente leer speel het. Ricus het ook al saam met groot Afrikaanse kunstenaars gewerk, onder andere: Refentse, Juanita du Plessis en Bok van Blerk.

Die idee agter Boerepompie

Ricus het so ongeveer ‘n jaar en half lank met die idee van Boerepompie rondgeloop.  Hy wou ook al lank saam met Snotkop werk. Ricus vertel dat dit sy idee was om vir Snotkop die plaas te wys en dat laasgenoemde dan weer vir hom die stad wys. Snotkop het gehou van die idee en dadelik ingestem om deel te wees van die projek. Omdat Ricus die liedjie in die Kaap geskryf het, kon Snotkop deel van die proses wees. Die resultaat is ’n liedjie wat aanklank by almal vind – of jy nou ‘n stads- of ’n plaasjapie is. “Almal hou van ’n boerepompie …”

Van Ricus se hoogtepunte vanjaar:

  • Sy deelname aan die Afrikaans is Groot-konserte.
  • Die Krone 6-konsert.
  • Sy Hardekole-konsert saam met Bok van Blerk, Refentse en Adam Tas.

Liedjie van die Jaar – Ricus Nel ft Snotkop – Boerepompie

Kyk hier na nog ‘n paar treffers:

By die onlangse Biltongfees in Natal het Ricus Nel gewys wat hy alles met ‘n kitaar kan doen:

Volg hom op sosiale media:

Webblad www.ricusnel.co.za

Facebook: https://www.facebook.com/Ricus-Nel-137984886214735/

Twitter: https://twitter.com/ricusnel1?lang=en

Instagram: https://www.instagram.com/ricusnel/?hl=en

Kyk uit – Volgende maand vertel Afrikaans.com meer oor vanjaar se Album van die Jaar.

064 652 6873

JOU Afrikaans tel oral en altyd. Vertel ons met die hutsmerk #jouafrikaanstel waar, wanneer of waarom jou Afrikaans tel. Met ons nuutste veldtog bevestig ons dat jy nooit jou taal hoef prys te gee nie, dat Afrikaans oor globale grense strek en dat ons die verskeidenheid in Afrikaans vier. Kyk hier na die veldtog-video’s en neem deel. Onthou om jou naam, van en van watter geweste jy is, by te voeg.