As jy met Afrikaans werk of bloot net belangstel in die verskillende aspekte van taal, is hierdie nuwe webblad beslis vir jou.

Die bekende taalghoeroe Jana Luther, onder meer redakteur van die sesde uitgawe van die Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT6), is die redakteur van dié nuwe projek wat ten doel het om taalpraktisyns wat in Afrikaans werk, te ondersteun.
By www.teksredaksie.co.za word van Oktober 2019 af, intyds, inhoud geskep en gedeel vir taalpraktisyns, taalpraktykstudente en -dosente, asook vir skrywers. Veral, maar nie uitsluitlik nie, vir mense wat daagliks professioneel in en met veral geskrewe Afrikaans werk.
Teksredaksie.co.za en die HAT het nou ook hulle eie podsendkanaal, Afrikaans Vandag.
Luister hier na wat die span beoog:
Jy kan by iono.fm inteken om nie nuwe bydraes in dié joernaal mis te loop nie.
Hier is nog ’n paar voorbeelde:
- Jy wil ’n skrywer wees? Luister dan hier wat Jana oor dié onderwerp sê. Klik hier
- Afrikaans het ’n ryk bynaamtradisie – Jana vertel meer. Klik hier
Hou vir die jongste nuus die Teksredaksiespan se Facebookblad dop. Klik hier.
Of volg hulle op Twitter by @teksredaksie.