- Appels: ’n Appel per dag hou die dokter weg. Glo dit maar, want talle studies het dit al bevestig.
- Groen groente. Groen groentesoorte is oor die algemeen hoog in vitamiene en minerale en dra by tot vertering en gesonde organe, soos die hart, niere en longe.
- Droëvrugte het een uitstaande voordeel – dit gee jou immuniteit ‘n hupstoot en is voordelig vir gewrigte. Maak ‘n slaai en voeg vrugte, groente en droëvrugte daarby vir ekstra woema.
- Papaja: Die vrug kom dikwels voor in geregte, van blatjang tot nagereg, en is gelaai met vitamiene C (62 mg vit. C per 100 g). Hierdie semisoet tropiese vrug met peperige, eetbare sade is cholesterolvry, laag in vet, hoog in vesel, kalium, kalsium en ander vitamiene. Papajas verlaag ook cholesterol, verhoog jou immuniteit, bevorder ooggesondheid, verhoed die tekens van veroudering en beskerm jou liggaam teen artritis.
- Pynappel: Nog ‘n heerlike tropiese vrug, volgeprop met voedingstowwe, antioksidante en ander noodsaaklike ensieme. Pynappels dra by tot spysvertering, bevorder immuniteit, en help met die simptome van artritis. Elke 100 g pynappel, bevat 47,8 mg vitamiene C.
Bron:
Which are the five healthiest foods we should eat on a daily basis?
Vrywaring: Hierdie kort brokkies en bronverwysings is slegs ter inligting en bewusmaking en is nie bedoel om die rol van ’n mediese praktisyn of dieetkundige te vervang nie. Dit is ook geensins deur ’n professionele kundige geverifieer nie. Raadpleeg ALTYD jou mediese praktisyn of gesondheidsorgkundige vir ’n behoorlike evaluasie en indien nodig, medikasie/aanvullings.