Nog nie seker wat om vir jou kleinding vir Kersfees te gee nie? Wat daarvan om hierdie vakansie vir jou kind of kleinkind die geskenk van woorde te gee? Met NB-Uitgewers se omvattende reeks boeke vir kinders tussen 0 en 6 jaar, kan jy reeds van vroeg af ’n liefde vir lees kweek.
Kyk hier na Afrikaans.com se 10 gunstelinge vir jou kleuter se Kerskous.
Eerste treë: Hallo, kleuterskool!
Uitgewer: Human & Rousseau
Gaan jou kind binnekort kleuterskool toe? Dis so opwindend! Maar dit beteken baie dinge gaan verander.
Hierdie aktiwiteitsboek berei kinders speel-speel voor op kleuterskool met boeiende aktiwiteite wat kreatiwiteit stimuleer en emosionele uitdrukking aanmoedig. Met ‘n mengsel van prettige en grondliggende vaardigheidsbou, verseker hierdie boek dat kinders gereed en opgewonde is vir hierdie nuwe avontuur.
Wil jy die boek koop?
Klik hier.
Soek in die boek: Troeteldiere
Uitgewer: Human & Rousseau
Leer kinders speel-speel meer oor hulle gunstelingtroeteldiere. Met kleurvolle illustrasies, teks wat rym, dinge om op elke bladsy te soek en ‘n drahandvatsel vir klein handjies, is hierdie lieflike kartonboek perfek vir kleuters wat aan die beweeg is.
Wil jy die boek koop?
Klik hier.
Loer binne: Wilde diere
Really Decent Books , Elsa Silke
Uitgewer: Human & Rousseau
Hierdie kartonboek is die jongste toevoeging tot die Loer binne-reeks. Die tien lig-en-loerflappies is sterk genoeg vir die gryperigste klein handjies en sal keer op keer pret verskaf. Die lewendige illustrasies sal kinders se aandag behou en dit nog lekkerder maak om die wilde diere te ontdek. Kom kuier saam in die woestyn en in die woud!
Wil jy die boek koop?
Klik hier.
Leer van kleure saam met Ollie Olifant
Uitgewer: Human & Rousseau
In hierdie boek propvol plakkers en aktiwiteite sal kleuters speel-speel meer leer van kleure. Prettige aktiwiteite hou die kleingoed besig – enige tyd, enige plek!
Dis die perfekte pretboek om motoriese vaardighede te oefen en basiese konsepte te leer ken.
Wil jy die boek koop?
Klik hier.
Verf en leer: 123
Uitgewer: Human & Rousseau
Hierdie hardebandboeke het versteekte prente om te vind, na die syfers te kyk, en te tel! Kinders kan water oor die wit agtergrond verf en kleur sal verskyn. Die kleur sal weer verdwyn en die prente kan oor en oor gebruik word. ‘n Kwas word ingesluit!
Wil jy die boek koop?
Klik hier.
Op Pappa se skouers
Uitgewer: Tafelberg
Om skool toe te stap saam met Mamma, Gogo en Tata is groot pret. Maar om hoog in die lug op Pappa se skouers te sit, is die HEEL BESTE! Op Pappa se skouers nooi jong lesers uit om saam met ’n seuntjie en sy pa skool toe te stap, waar hulle mekaar groet op ’n baie spesiale manier. Niki Daly het in 2009 ’n Molteno-medalje (Goud) ontvang vir sy bydrae tot kinderliteratuur in Suid-Afrika. In 2020 is hy met ’n SALA (South African Literary Award) bekroon vir It’s Jamela!
Wil jy die boek koop?
Klik hier.
Saadjie en Spikkel
Alex Latimer, David Litchfield, Elsa Silke
Uitgewer: Human & Rousseau
Saadjie en Spikkel is soos vinkel en koljander, maar terwyl hulle vriendskap groei, word hulle self ook groter. Vir Saadjie beteken dit dat hy wortels kry. Maar Spikkel kry vlerke – en sy kan nie wag om hulle uit te toets nie. Al skei die lewe hulle van mekaar, vind ware vriende altyd hulle pad terug, en niemand is groter maats as Spikkel en Saadjie nie.
Wil jy die boek koop?
Klik hier.
Babadierestories: Nag, Eendjie
Uitgewer: Human & Rousseau
Eendjie verlaat die nes op soek na avontuur . . . en verdwaal! Met die hulp van sy vriend, Padda, vind hy uit dat hy alles het wat nodig is om sy pad terug nes toe te vind – pootjies wat kan skop, veertjies wat hom warm hou wanneer hy swem en ’n piepstemmetjie om Mamma Eend mee te roep.
Wil jy die boek koop?
Klik hier.
Raai hoe lief is ek vir jou
Uitgewer: Human & Rousseau
As jy iemand baie, baie liefhet, wil jy graag sê presies hoe jy voel. Maar soos Klein Neutbruin Hasie en Groot Neutbruin Haas ook moes leer, laat liefde hom nie maklik meet nie!
Die allerheerlikste boek om met kinders en ander geliefdes van alle ouderdomme te deel. Die Britse uitgawe was uit die staanspoor ’n internasionale sukses en sedert die hardebanduitgawe in 1994 verskyn het, is dit in 57 tale vertaal en byna 43 miljoen boeke is verkoop.
Wil jy die boek koop?
Klik hier.
Grotbaba
Julia Donaldson, Philip de Vos, Emily Gravett
Uitgewer: Tafelberg
Broeps die grotbaba voel allenig en verveeld. Sy ma verf ure aaneen en sy pa jag pal vir kos vir die pot. Toe Broeps Mamma se verfkwas optel, is sy ouers smoorkwaad. Hulle dreig om hom te voer vir die groot, honger beer! Dan daag daar ‘n vriendelike mammoet op . . . en Broeps maak ‘n hele klomp nuwe vriende. ’n Heerlik ondeunde avontuurverhaal deur twee van die wêreld se voorste skeppers van kinderboeke, in Afrikaans vertaal deur veelbekroonde rympiekoning Philip de Vos.
Wil jy die boek koop?
Klik hier.