NB-Uitgewers se vakansie-leeslys vir voorskoolse kinders

Tuis 5 Lees dit 5 Boeke 5 NB-Uitgewers se vakansie-leeslys vir voorskoolse kinders
NB uitgewers kinderboeke

Skrywer: Nicolette Kritzinger

Is jy nog op soek na iets om in jou kind of kleinkind se Kerskous te sit hierdie Desember?
NB Uitgewers het vanjaar ‘n keur van prettige boeke gemik op voorskoolse kinders. Kyk hieronder wat is alles op die boekrak.

1. Drake deel nooit nie
NB uitgewers kinderboeke

Drake deel nooit nie

Nicola Kinnear en Jaco Jacobs

ISBN-13: 9780798183130

Uitgewer: Human & Rousseau

Kan ‘n draak leer hoe om te deel? Rissie is ‘n baie soet draak. Sy volg al die reëls in die Reëlboek vir Drake: Sy steel by almal, en wil nie haar skatte met ENIGE IEMAND deel nie! Die ander diere het genoeg gehad. As hulle maar die draakreëls kon verander . . . ‘n Pragtige prenteboek oor die belangrikheid van deel, vertaal deur Jaco Jacobs.

[dt_button link=”https://www.nb.co.za/af/view-book/?id=9780798183130″ target_blank=”true”]Meer oor die boek[/dt_button]
2. Nag, Apie (4 in reeks)
NB uitgewers kinderboeke

Nag, Apie (4 in reeks)

Elsa Silke, Magic Cat

ISBN-13: 9780798183161

Uitgewer: Human & Rousseau

Apie wil altyd die beste in alles wees. Maar hoogmoed kom voor die val en hy leer gou dat om ‘n goeie maatjie te wees die heel beste van alles is. Hierdie pragtige slaaptydboek met foto-illustrasies en eenvoudige stories sal jou kleinding in ’n kits droomland toe stuur. Nag, eendjie is net so oulik.

[dt_button link=”https://www.nb.co.za/af/view-book/?id=9780798183161″ target_blank=”true”]Meer oor die boek[/dt_button]
3. My eerste tweetalige woordeboek
NB uitgewers kinderboeke

My eerste tweetalige woordeboek

Miles Kelly

ISBN-13: 9780798182638

Uitgewer: Human & Rousseau

Kinders kan hulle wêreld met hierdie prettige eerste woordeboek verken en die name van allerlei dinge rondom hulle leer. Elke bladsy is vol prente en dinge om te soek en oor te praat. Dié boeke is hardeband met volkleurillustrasies.

[dt_button link=”https://www.nb.co.za/af/view-book/?id=9780798182638″ target_blank=”true”]Meer oor die boek[/dt_button]
4. Wilde diere – loer binne
NB uitgewers kinderboeke

Wilde diere – loer binne

Really Decent Books , Elsa Silke

ISBN-13: 9780798183451

Uitgewer: Human & Rousseau

Hierdie kartonboek is die jongste toevoeging tot die Loer binne-reeks. Die tien lig-en-loerflappies is sterk genoeg vir die gryperigste klein handjies en sal keer op keer pret verskaf. Die lewendige illustrasies sal kinders se aandag behou en dit nog lekkerder maak om die wilde diere te ontdek. Kom kuier saam in die woestyn en in die woud!

[dt_button link=”https://www.nb.co.za/af/view-book/?id=9780798183451″ target_blank=”true”]Meer oor die boek[/dt_button]
5. Verf en leer kleure
(2 in reeks)
NB uitgewers kinderboeke

Verf en leer kleure (2 in reeks)

iSeek Ltd

ISBN-13: 9780798182935

Uitgewer: Human & Rousseau

Hierdie hardebandboeke het versteekte prente om te vind sodat kinders na die kleure kan kyk! Kinders kan water oor die wit agtergrond verf en kleur sal verskyn. Die kleur sal weer verdwyn en die prente kan oor en oor gebruik word. ‘n Kwas word ingesluit! Verf en leer 123 ook beskikbaar.

[dt_button link=”https://www.nb.co.za/af/view-book/?id=9780798182935″ target_blank=”true”]Meer oor die boek[/dt_button]
6. My lapboek – plaasdiere/farm animals
NB uitgewers kinderboeke

My lapboek – plaasdiere/farm animals

Cuberdon

ISBN-13: 9780798183062

Uitgewer: Human & Rousseau

Die tema van hierdie boek is plaasdiere! Op elke bladsy is ‘n pragtige illustrasie van ‘n Suid-Afrikaanse plaasdier met die dier se naam in Afrikaans en Engels, vir kleintjies om nuwe woorde te leer. Die boeke bevat ook kreukelpapier in die eerste bladsy waaraan hulle vir ure lank kan vat en voel.

[dt_button link=”https://www.nb.co.za/af/view-book/?id=9780798183062″ target_blank=”true”]Meer oor die boek[/dt_button]

Vir verdere leesinspirasie, klik op die skakel na NB Uitgewers se webwerf.

by | Des 11, 2022 | Boeke, Lees dit

Deel hierdie plasing