NB-Uitgewers se vakansie-leeslys vir tieners

Tuis 5 Lees dit 5 Boeke 5 NB-Uitgewers se vakansie-leeslys vir tieners
NB uitgewers - boeke vir tieners

Skrywer: Nicolette Kritzinger

Die vakansie is hier en wat ’n beter manier om dit te spandeer as met ’n lekker leesboek.
NB Uitgewers het ’n paar van hul gunstelingboeke vir jong lesers (14+ jaar) met ons gedeel. Loer hieronder watter een jy op jou Kersfees-wenslys wil plaas.  

1. Dryf
NB uitgewers - boeke vir tieners

Dryf

Cecilia Steyn

ISBN-13: 9780798183307

Uitgewer: Human & Rousseau

Mense glo daar’s ’n vloek oor Stormwater. Die see roep elke jaar sy slagoffers. Is dit waarom Caleb se pa se vliegtuig neergestort het? Caleb moet sy matriekvakansie opoffer om die geheim te ontrafel. Freya word ook gedwing om haar somer in die vreemde kusdorp deur te bring – asof vars lug ‘n kitskuur sal wees vir haar kroniese siekte. Saam speel hulle speurder. Maar wat as die waarheid ‘n tsunami is wat wag om hulle te verswelg?

[dt_button link=”https://www.nb.co.za/af/view-book/?id=9780798183307″ target_blank=”true”]Meer oor die boek[/dt_button]
2. Crossing the river
NB uitgewers - boeke vir tieners

Crossing the river

Fred Khumalo

ISBN-13: 9780624093350

Uitgewer: Tafelberg

Nozizwe en haar gesin vrees vir hulle lewens en vlug uit Zimbabwe. Hulle moet die Limpopo vol krokodille oorsteek, en word gevange geneem deur ‘n mensehandelsindikaat. Nozizwe, met haar diep stem, kry dit reg om haar as ‘n seun voor te doen en ontsnap. In Johannesburg, glo sy, sal hulp wees. Maar niemand glo haar storie nie en kort voor lank bly Sizwe op straat saam met die ander vlugtelinge. Tot sy een aand voor die voertuig van ‘n professor, met konneksies in die polisie, beland …

[dt_button link=”https://www.nb.co.za/af/view-book/?id=9780624093350″ target_blank=”true”]Meer oor die boek[/dt_button]
3. Vuurvreter
NB uitgewers - boeke vir tieners

Vuurvreter

Joha van Dyk

ISBN-13: 9780798182829

Uitgewer: Human & Rousseau

Malherbe Albertyn, oftewel Vuur, beplan om sy somer in Kransbos te spandeer om die magiese Ylwoud te vind. Desperaat op soek na die antwoorde, na iets buiten die Bloedskuld wat hy en sy bendebroers steeds in die arena betaal. Desperaatheid dryf ook vir Mieke om te waag om haar drome na te jaag. Maar dit beteken sy moet Vuur se vertroue wen – die een ou wat haar nie kan verdra nie. En dan is daar Jak, en alles wat ongesê bly tussen hulle . . . Kan sy ontsnap deur saam met Malherbe in ‘n onvoorspelbare bos te gaan verdwaal? Is Ylwoud die antwoord op Malherbe se suster se verdwyning? Vir beide Mieke en Malherbe wag daar ‘n besluit: waag of waarheid . . . Maar daar is nie altyd ‘n keuse nie.

[dt_button link=”https://www.nb.co.za/af/view-book/?id=9780798182829″ target_blank=”true”]Meer oor die boek[/dt_button]
4. Elf dae in Amsterdam
NB uitgewers - boeke vir tieners

Elf dae in Amsterdam

Elizabeth Wasserman

ISBN-13: 9780624093329

Uitgewer: Tafelberg

Millie is in Amsterdam om haar tante te help aansterk na ’n knie-operasie. Maar toe die tante langer in die hospitaal moet bly, is Millie gestrand! Sy leer ken toevallig vir Pim, ‘n Amsterdammer met wortels in Suid-Afrika. Maar hoekom het haar ma haar ouma se dagboek uit haar tienerjare in Amsterdam tydens die Tweede Wêreldoorlog in haar tas gestop? Bewaar die stad van kanale en fietse dalk ook geheime van Millie se familie in Suid-Afrika?

[dt_button link=”https://www.nb.co.za/af/view-book/?id=9780624093329″ target_blank=”true”]Meer oor die boek[/dt_button]
5. Christine le Roux
Keur 8
NB uitgewers - boeke vir tieners

Christine le Roux Keur 8

Eleanor Baker

ISBN-13: 9780798183031

Uitgewer: Human & Rousseau

Christine le Roux Keur 8 bevat drie immergroen liefdesverhale.

In Geskenk uit die hemel leer die suksesvolle sakeman Pieter Louw vir Maja ken nadat hy haar per ongeluk raak ry. Só begin ’n voorlopige verblyfreëling wat tot talle onmoontlike en baie snaakse situasies lei.

In Die lente kom weer moet Frans Fourie aan ’n nuwe sekretaresse gewoond raak. Kristien is ’n uitstekende plaasvervanger, maar hoekom is hy teleurgesteld oor haar koel en onbetrokke houding?

En in Kosbaar soos die lewe bedank Elizabeth Benade haar werk by ’n rekenaarfirma en gaan werk vir die moeilike dokter Richard Nel. Dis nie lank voor Elizabeth betrokke raak by dié dokter en sy seun se lewe nie.

[dt_button link=”https://www.nb.co.za/af/view-book/?id=9780798183031″ target_blank=”true”]Meer oor die boek[/dt_button]
6. Jungu Josh 3 – Die waters van Wafu
NB uitgewers - boeke vir tieners

Jungu Josh 3 – Die waters van Wafu

Constant van Graan

ISBN-13: 9780624092476

Uitgewer: Tafelberg

Na die ontstellende gebeure by die viering van sy ma se terugkeer, vlug Josh van Liba af weg. Op soek na slaapplek dwaal hy en Charlie die misterieuse Geelwoud binne. Hier vind Josh tydelik geluk wanneer die kinders van die Nuwe Jerusalem hulle in hulle boomdorpie laat bly. En Jandja, die tienerleier van die groep, is ‘n seun soos hy. Maar Josh weet Kalimbula brand. Hy moet iets doen. Dan is daar nog vrae: Het Njeri hom regtig verraai? En wat lê agter tannie Verona se obsessie met die Wafu-water?

[dt_button link=”https://www.nb.co.za/af/view-book/?id=9780624092476″ target_blank=”true”]Meer oor die boek[/dt_button]
7. Weerlig oor Mtwana
NB uitgewers - boeke vir tieners

Weerlig oor Mtwana

Christien Neser

ISBN-13: 9780624092407

Uitgewer: Tafelberg

Dis al Maart. Mieke het nog nie met Fen gepraat vandat hy koshuis toe is nie. Hy bel nie, kom nie naweke huis toe nie. Op Mtwana hang daar ‘n skadu van onsekerheid. Die Phiri-bende is oorkant die rivier aktief. Hulle teiken hoofsaaklik olifante.  Mieke sit haar voet neer en bel vir Fen by die koshuis.  ‘n Boelie gryp sy foon en ‘n bakleiery breek uit. In die gestoei breek Fen sy spanmaat, Jock, se neus. Fen én Jock word geskors. Hulle straf: twee weke se harde arbeid op Mtwana.

[dt_button link=”https://www.nb.co.za/af/view-book/?id=9780624092407″ target_blank=”true”]Meer oor die boek[/dt_button]
7. Kies die lewe
NB uitgewers - boeke vir tieners

Kies die lewe

Ivor Swartz

ISBN-13: 9780796323033

Uitgewer: Lux Verbi

Ivor Swartz is ’n depressielyer, maar hy kies die lewe. Ivor verwys hier na sy eie depressie en pleit dat ons geen mens oordeel vir wat hulle in die donkerste oomblikke gekies het nie. Hy gesels oor depressie onder tieners en reik ‘n sagte hand uit na ouers wat ‘n kind aan selfdood verloor het. In hierdie intense persoonlike, dog toeganklike reis gee Ivor nie maklike antwoorde nie, maar vra dat ons ons oë sal oopmaak vir mense rondom ons, en dat ons hulle sal ondersteun. Luisterboek ook beskikbaar.

[dt_button link=”https://www.nb.co.za/af/view-book/?id=9780796323033″ target_blank=”true”]Meer oor die boek[/dt_button]

Vir verdere leesinspirasie, klik op die skakel na NB Uitgewers se webwerf.

by | Des 11, 2022 | Boeke, Lees dit

Deel hierdie plasing