Nuut op die front van Afrikaanse vermaak, is die aanlyn en gratis digitale platform AfriForumTV wat gehalte visuele inhoud bied aan lede en nielede. Nou kan intekenaars verskeie kanale in die gemak van hulle huise op hulle televisie, rekenaar of selfoon verken deur van die AfriForumTV-toep gebruik te maak. Kies tussen nuus en gebeure, films, fiksie- en realiteitsreekse – die lys is lank. Hier is 5 moet-kyk-programme:
Byt & Buskruit
’n Opwindende nuwe jag-en-visvangprogram vir die hele gesin, waarin aanbieder Adam Tas saam met Suid-Afrika se beste kunstenaars die natuur by verskeie plekke verken. As jy dus hou van jag en visvang, is die een vir jou.

Die Kleine Griet
De Kleine Griet is die naam van die skip wat gelei word deur die selfgenoemde Arend van die Noord, Kaptein Wim van der Vaart. De Kleine Griet se hoofdoel is,om vrag te vervoer en te handel vir die wydbekende VOC. Maar Kaptein van der Vaart se hoofdoel is om die wêreld te verken. De Kleine Griet is nie net ‘n skepie nie. Dis haar bemanning, dis haar familie wat tussen die ou planke leef en dis haar reise.
As jy van lighartige komedie hou, is die reeks vir jou. Ouertoesig word aanbeveel.

Begrond
’n Plaasmoord ruk ’n gemeenskap en familie tot stilstand en dwing die jong Faan Venter om terug te keer na die plek waar sy geliefde oupa vermoor is. Sy terugkeer na die plaas krap ou wonde oop. Faan is wanhopig oor sy toekoms in Suid-Afrika, maar antwoorde op sy vrae oor die toekoms kom vanuit ’n onverwagte oord – uit die verlede, soos vertel deur sy grootouma Katryn.
Afrikaanses wat hoop het vir Suid-Afrika sal hierdie kortfilm (drama) geniet. Vermaak vir die hele gesin.

Disrupted Land
’n Dokumentêr wat handel oor die geskiedenis en toekoms van eienaarskap van grond in Suid-Afrika. As jy die hele kwessie van grondeienaarskap in Suid-Afrika interessant vind, is hierdie dokumentêre film nommerpas vir jou en jou gesin.

Feiteblad
‘n Aktualiteitsreeks wat oor verskeie onderwerpe in Suid-Afrika handel. Ernst Roets is die aanbieder en hy fokus op kontroversiële onderwerpe en bespreek die feite. Almal wat hou van aktualiteit en die verskeie onderwerpe en sake wat in Feiteblad bespreek word, sal die program interessant vind. Geskik vir die hele gesin.

Om te registreer
Gaan registreer vandag nog by https://afriforumtv.co.za/registreer
AfriForumTV wil die Afrikaanse gemeenskap ondersteun. Gaan loer gerus hier.
Kyk AfriForumTV by www.afriforumtv.co.za of laai die toep af van Google Playstore.