AfriForum bied sedert 2017 die Entrepreneur van die Jaar-kompetisie aan met die doel om huidige en voornemende entrepreneurs die geleentheid te bied tot topklas mentorskap, onvergelykbare blootstelling, en (natuurlik!), die eer om as Entrepreneur van die Jaar gekroon te word.
As gevolg van lesse en geleenthede wat deur die Covid-19-pandemie geleer en ontbloot is, trek 2021 se kompetisie ’n splinternuwe baadjie aan. Vanjaar vorm werkswinkels deel van die inskrywingsproses en moet ‘n sekere aantal daarvan deur deelnemers voltooi word as deel van hul uiteindelike beoordeling. Verder is daar ook twee kategorieë en nie meer net een nie – entrepreneurs wat tussen een en sewe jaar handel dryf en entrepreneurs wat langer as tien jaar handel dryf.
Ons het oorweldigende terugvoer gekry van entrepreneurs wat ingeskryf het, wat sê dat daar spesifieke areas is waarin hulle meer leiding sal wil ontvang. Ons het hierdie areas geïdentifiseer en daarom, as deel van die inskrywingsproses, bied ons werkswinkels aan in hierdie onderwerpe.
– Afriforum
Daniel Strauss (Dink Soos ‘n Miljardêr) het as gasspreker by die geleentheid opgetree. Luister na ons eksklusiewe onderhoud met Daniel hieronder.
Vanjaar se kompetisie is op Donderdag 27 Mei gedurende ’n glansgeleentheid by die Afriforum-teater bekendgestel en word aangebied in trotse samewerking met Akademia. Daniel Strauss, skrywer van die topverkoper Dink Soos ‘n Miljardêr was die gasspreker. Jaco Gerrits (’n bekroonde tegnologie-entrepreneur) en dr. Rachel Maritz (’n strategiekonsultant vir PWC) het ook as kenners opgetree tydens ’n paneelgesprek wat deur Elsje van Jaarsveld gelei is.
Kyk die paneelgesprek.
Werkswinkels
Kom woon ’n werkswinkel by of voltooi van die webinare.
Werkswinkels word teen ’n addisionele koste in die week van 21 – 25 Junie 2021 by die Akademia-ouditorium aangebied.
- Bestuur jy jou onderneming se finansies slim? – Michelle Coetzee, (21 Junie 2021, R250)
- Verskerp jou sosialemediastrategie – Marike Fereirra (23 Junie 2021, R250)
- Is jy ’n gevaarlike of versigtige leier? – Erik Kruger (24 Junie 2021, R250)
- Praktiese entrepreneurskap – Dr Ingrid le Roux en Dr Marius Pretorius (25 Junie 2021, R250)
Registrasies vir werkswinkels sal 1 Junie 2021 oopmaak.
Registrasies vir webinare sal 1 Julie 2021 oopmaak.
Kursusfooi sluit verversings en kursusmateriaal in vir die dag van die kursus.
Skryf vir al vier in teen 10%-afslag.
As gevolg van Covid-regulasies is spasie beperk, registreer dus so gou moontlik om teleurstelling te voorkom.
Skryf in en stap weg met die Entrepreneur van die Jaar-titel, mentorskappe, ’n splinternuwe netwerk van entrepreneurs wat jy op hierdie pad sal ontmoet, nuwe promosiemateriaal en hope blootstelling. Inskrywings vir die kompetisie, wat op 31 Augustus 2021 sluit, is nou oop. Vir meer inligting, klik hier. Om in te skryf, klik hier.