Ons almal ken die vellie-tendens wat die Suid-Afrikaanse mark oor die afgelope paar jaar stormgeloop het. Die mens se behoefte aan ’n skoen wat die toets van tyd kan deurstaan, maar jou steeds kan vergesel na ’n braai of moontlik die kantoor, het die vellie ’n lekker alternatief gemaak vir die ongewensde jean-plakkie-tendens wat begin kop uitsteek het.
Klerekas.com het hierdie geleentheid in die mark raakgesien (en raakgetrap!) en dit ’n stappie verder geneem. Die eens konvensionele bruin vellie is nou opgedollie om aan elkeen se voorkeure te voldoen. Met ontwerpe wat blomme, kolle en patrone insluit, is hierdie ’n skoen wat almal sal pas. En jy weet wat hulle sê: As die skoen pas, trek hom aan!
Al Klerekas.com se vellies word handgemaak en bestaan uit egte leer. Dit verseker dat elke skoen uniek is. Die graadkwaliteit van die leer bepaal die absorpsie van die kleurmiddels wat tot gevolg het dat elke skoen se kleur verskil. Dit is juis dié verskillende kleur- en patroonkombinasies wat hierdie vellies onderskei van hul eweknieë.
Verder bied Klerekas.com ook baie leiding met betrekking tot skoengroottes sodat jy nie ’n voet van jou sitkamerbank hoef af te lig om ’n paar in die hande te kry nie. Bestel vandag ’n paar en sit die styl terug in jou klerekas.
WEN ’n Klerekas.com-geskenkbewys!
Hoe skryf ek in?
Stuur die woord “Klerekas.com” na ons Whatsapp-nommer 064 652 6873 en staan ’n kans om ’n geskenkbewys te wen.
Wie is Klerekas.com?
Die gedagte van ’n aanlyn klerewinkel het posgevat toe twee aspirant Suid-Afrikaners deur die Vrystaatsevlaktes gereis het met ’n hart wat verlang na meer. Die idee het ontstaan toe Adam vir sy Eva sê dat hy so moeg is daarvoor dat daar nie stylvolle knopieshemde vir mans is nie. Alles is een of ander blokkiesraaisel met ’n vervelige skakering van gister se sondes.
Eva kon die geween nie meer hanteer nie. Sy het Adam belowe (en ons almal ken haar beloftes) om vir hom ‘n knopieshemp te ontwerp wat sy asem sal wegslaan. ‘n Hemp wat sy kollegas by die werk sal laat smag na bevordering … Natuurlik het Eva die belofte gebreek en sommer ses hemde, nege dasse, twee broeke en ‘n strikdas vir Adam ontwerp. Die res het gelei tot die geskiedenis waar Adam, Eva se arm gedraai het om nog olie in daai naaimasjien te spuit om vir die hele Suid-Afrika klere te ontwerp!
Vandag is Klerekas.com die eenstop-aanlyn winkel wat aan beide Adam en Eva se behoeftes voldoen. Die Klerekas.com-span vat hande met plaaslike entrepreneurs wat dieselfde visie het, naamlik om noodsaaklike styl te skep wat aan die nodige kwaliteit en mode voldoen. Vandag is hierdie aanlyn klerewinkel (een van die eerstes in die Afrikaanse mark) besig om diep spore te trap in die Afrikaanse kleremark met style vir oud en jonk. Nou kan jy bou aan jou klerekas in die gemak van jou eie huis.
Besoek gerus hul webtuiste by Klerekas.com en gaan loer self na hul style.