Afrikaans skrywers
Dink soos 'n miljarder

Dink soos ’n miljardêr … híér is hoe!

Al wat Daniel Strauss, entrepreneur, waagkapitalis, en nou skrywer, ooit in die lewe wou hê, is geleenthede. As plaasseun op Keimoes, sou hy nooit kon raai dat die keerpunt in sy loopbaan sou kom toe ‘n Suid-Oos-Asiese besigheidsman hom onder sy vlerk geneem het om die a-b- c van waagkapitaal…

Lees meer
Fanie Viljoen

Fanie Viljoen – Altyd nog ʼn storie

Skrywer: Alita Steenkamp Vir Fanie Viljoen, ʼn geliefde en diverse Afrikaanse kinder- en jeugboekskrywer, was daar in 2020 geen tyd om stil te sit nie. Wat het ʼn skrywer soos Fanie Viljoen in die maande van inperking gedoen toe ons almal tuis vasgekeer was en waagmoedig geëksperimenteer het met nuwe…

Lees meer
Anoeschka von Meck

Die heelal op my tong – Die vrou agter die verhaal

Skrywer: Nicolette van Schalkwyk Die Wille Willemien is keelvol vir dik wees. En bang wees vir kaas en inkopies doen. Hoe kan ’n mens so verwyderd van jouself wees dat jy van buite liederlik obees is, maar in jou kop sing jy vry en kaal op ’n krans? Met ’n…

Lees meer

“Elke huis kort ’n hus met lang ore!”

Die talentvolle trio betrokke by die Murray&Me-idioom-reeks van links na regs: Milan Murray,  Marisa du Toit en Charmaine Nolte. Gelukkig hoef nuuskierige agies nie langer te wonder oor wat presies ’n hus is nie. Skaf net Murray&Me se jongste idioom-boek, “Die Husse en die Klein Jakkalsies”, aan en elke knapie…

Lees meer
Willa Boezak

Dr. Willa Boezak vertaal die Psalms in Kaaps

Die Pesalms vi ôse mense – geskryf deur Dr. Willa Boezak en versorg deur Willem Fransman het pas verskyn. Ds. Henry Matthys het op Sondagoggend 17 November 2019 die eerste leraar in die geskiedenis geword wat uit die DAK-publikasie, Die Pesalms vi ôse mense, gepreek het. Dit het gebeur in die Belhar-Oos-gemeente van…

Lees meer
Chanette Paul se verhale sing!

Chanette Paul se verhale sing!

Chanette Paul se vroulike hoofkarakters is soos ’n kat: Daardie vroue land altyd weer op die voete. Meer, hulle verstaan menslike deernis en susterskap. En hulle kan lag. Soos Ma gesê het in Delia Owens se Where the crawdads sing: “Yes, we got stuck, but what’d we girls do? We made…

Lees meer
Wendy Maartens Eg Suid-Afrikaanse legendes laat haar hart vinniger klop

Wendy Maartens: Eg Suid-Afrikaanse legendes laat haar hart vinniger klop

In 2006 het Wendy Maartens haar werk as onderwyser bedank om voltyds te skryf. Sedertdien het daar wonderlike boeke, en heerlike versamelings eg Suid-Afrikaanse stories, pragtig verwerk vir jong lesers of luisteraars, uit haar pen verskyn. Die storie van Sylvester die leeu … Die leeumannetjie wat in Junie 2015 uit die Karoo…

Lees meer
Willem Samuel se storie Mengelmoes comics

Willem Samuel se storie: Mengelmoes comics

Hierdie is ’n storie van ’n seun wat grootword in Kaapstad. Sy ma is Antjie Krog. Hy teken al van hy vyf jaar oud is om te deal met die wêreld rondom hom. Skool is die pits, maar kunsperiodes is ok (dink aan die ou wat agter in die hoek…

Lees meer
Boodskapper van die gode – Fabels en fantasieë deur Murray La Vita

Boodskapper van die gode – Fabels en fantasieë deur Murray La Vita

“Boodskapper van die gode is ’n keur uit die veelbekroonde joernalis Murray La Vita se rubrieke, sketse en essays. Sy aangetrokkenheid tot dit wat ongewoon en aweregs is, vind in talle van die stukke in hierdie bundel neerslag.  Hoewel die leser melancholie, weerloosheid en selfs gebrokenheid in hierdie stories sal aantref,…

Lees meer