Hierdie is ’n storie van ’n seun wat grootword in Kaapstad. Sy ma is Antjie Krog. Hy teken al van hy vyf jaar oud is om te deal met die wêreld rondom hom. Skool is die pits, maar kunsperiodes is ok (dink aan die ou wat agter in die hoek van die klaskamer sit). Drank, sigarette, porn en dwelms bied ’n mate van ontsnapping (en maak alles soms erger). Hy gaan later universiteit toe en swot kuns by Stellenbosch, met nog van daai dwelms. Daar is meisies, maar the one that got away steek by hom vas en hy kan haar nie afskud nie. Hy speel in ’n band wat dit nie sal maak nie. Hy is depressed oor liefde en oor die wêreld. Hy soek sy plek in die heelal.
Dit is die outobiografiese storie van Willem Samuel. Hy het na sy studies as strokiesprent-kunstenaar by Supa Strikas gewerk. Nou vroeg in sy dertigs woon hy in Londen as vryskutkunstenaar. Hy het besluit om 15 jaar se onvoltooide kunswerke oor sy lewe te publiseer in Mengelmoes, ’n versameling van ses comics, of eerder graphic novels.
Die boeke kyk na die grootword van ’n born-free Afrikaner in ’n post-apartheid Suid-Afrika. Dit is uiteraard gepolariseerd met politiek en die soeke na identiteit. Werk, trou en kinders kry; al dan nie: heel moontlik nog steeds aan depressie ly. Willem deel sy storie as deel tot ’n groter narratief van die jeug se rebellie teen ’n sisteem wat hul dikwels later self by aansluit.
Mengelmoes 1 tot 6 verskil heelwat in illustrasiestyl en aanslag – soos dit in verskillende tye van die outeur se lewe geteken en geskryf is. Nuwe stories en herinneringe bind die voriges saam. Terugkykende fiksie en what ifs speel ook ’n rol in die boeke se aanbieding.
Samuel se werk is gevorm deur jare se ondervinding, asook sy kunste-opvoeding onder leiding van Bittercomix se Anton Kannemeyer. Dat hy sy storie só deel is van onskatbare waarde.
Kry Mengelmoes uitgawes 1 tot 6 asook nommer 6 by Readers Den. Uittreksels van die boeke is op Mengelmoes se Facebookblad te sien.
Lees die volledige artikel op klyntji.com
Ons Klyntji 2019 tref die rakke!
Beskikbaar:
Kaapstad – The Book Lounge en Clarke’s Books
Johannesburg: Love Books
Bestellings: info@toastcoetzer.com
Lees meer oor Ons Klyntji hier