Pharos-nuus
Kommunikeer effektief in Afrikaans met dié handige stylgids
Die derde uitgawe van Skryf Afrikaans van A tot Z (SAAZ3) is bygewerk volgens die elfde Afrikaanse Woordelys en Spelreëls (2017).
Dié stylgids:
- wys talle verskillende taalverwante keuses uit;
- wys hedendaagse woordvoorkeure en die jongste taalgebruik uit;
- bevat ’n belangrike nuwe afdeling oor die opstel van ’n huisstylgids;
- fokus op lesersvriendelikheid in Afrikaanse skryfwerk.
SAAZ3 is vir alle teksversorgers asook ander taalgebruikers wat effektief in Afrikaans wil kommunikeer.
PharosAanlyn: Woordeboeke, vakwoordeboeke en stylgidse te kus en te keur
PharosAanlyn is ‘n versameling van meer as 40 aanlyn algemene woordeboeke, vakwoordeboeke en stylgidse. Dit is ‘n omvattende naslaanbron vir almal wat effektief in Afrikaans, Engels en Afrikatale wil kommunikeer en is ideaal vir professionele vertalers en taalpraktisyns, asook vir onderwysers, studente en leerders.
Gaan kyk hier vir intekenopsies.
Lees meer hier:
Hou jy van woorde? Neem dan deel aan Pharos Woordeboeke se Woord van die Maand.
Pharos Woordeboeke gaan in 2022 elke maand ‘n Afrikaanse woord van die maand kies. Hulle stel ‘n lys gonswoorde saam en jy kan vir jou gunsteling op hulle Facebook-blad gaan stem. Aan die einde van die jaar, kan belangstellendes stem vir die Pharos Woord van die Jaar.
Gaan kyk hier
Skryf Afrikaans van A tot Z is beskikbaar by uitgewers en goeie boekwinkels.
ISBN: 9781868901128
Uitgewer: Pharos