Afrikaans.com word gereeld genader deur lesers wat graag Afrikaanse stories luister. Sommige is gesiggestremd, andere het nie altyd toegang tot ’n biblioteek nie, of kan dit bloot nie bekostig om boeke te koop nie. Daar is ook diegene wat daarvan hou om in hul motor na stories te luister of sommer net met toe-oë na stories te luister.
Die volgende lys behoort te help, maar raadpleeg gerus ook die verskillende uitgewers se webblaaie:
NB Uitgewers se jongste lys Afrikaanse luisterboeke wat op www.audible.com beskikbaar is:
- Prooi (Deon Meyer)
- Vlerke vir almal (Marion Erskine)
- Die tragiese saak van Pamina Vermaak (Annie Klopper)
- Stormkind (Riana Scheepers)
- Op pad (Dana Snyman )
- Vaselinetjie (Anoeschka von Meck)
- Voetpad na Vergelegen (Chris Barnard)
- Is Sagie (Jan van Tonder)
’n Voorbeeld van so ’n luisterboek by NB Luisterboeke:
Uittreksel uit Rebecca deur Wilna Adriaanse, voorgelees deur Susanne Beyers:
Meer oor audible.com
Uitgewers soos onder andere NB Uitgewers en Tafelberg het al van hul beste verkopers as digitale luisterboeke beskikbaar gestel op www.audible.com – die boeke word deur die land se beste stemkunstenaars in Afrikaans voorgelees. Jy kan die boek op ’n iPod, iPad of slimfoon of rekenaar aflaai. Vir meer inligting, klik hier
Is jy ’n Netwerk24-intekenaar?
Sluit gerus aan teen R99 per maand. Daar is elke maand ’n nuwe luisterboek beskikbaar. Klik hier
Kyk ook hier:
Podsendings op RSG se webblad. Klik hier
Amazon Afrikaans audioboeke, bv. Kobra deur Deon Meyer. Klik hier
Audioboeke vir siggestremdes. Engels en Afrikaans – blaai deur die lys. Klik hier
Sheugnet Jones se boek “Nelie my liefling” is ‘n historiese roman wat afspeel tydens die oploop na en gedurende die Eerste Anglo Boere oorlog. Tans op Amazon in Kindle en “paperback” formaat.