Hier is ’n kunstenaar wat nog lank sy bewonderaars gaan betower en Elandré verdien beslis Afrikaans.com se keuse van Album van die Jaar.
Sy tweede album, “Boomhuis”, is vanjaar bekendgestel en talle van die liedjies op dié album het alreeds op verskeie trefferparades gepronk. Liedjies soos, “Tussen die lakens”, “Vuur op die water” en “Die woorde uit jou mond”. Elandré het ook by vanjaar se Aitsa-toekennings weggestap met die toekenning: Liedjieskrywer van die Jaar, asook beste musiekvideo, “Vuur op die water”.
Hy het so ’n paar van ons vrae beantwoord:
Elandré se liefde vir musiek het reeds op ’n jong ouderdom op Despatch in die Oos-Kaap begin. Maar min het hy geweet die Facebook-video wat hy in 2016 gedeel het waar hy ’n weergawe van Bruce Springsteen se liedjie, “Tougher than the rest” gesing het, later vir hom ’n platekontrak sou losslaan. In ’n onderhoud op Bok Radio op 2 November 2016 het Elandré se lewe handomkeer verander toe Select Musiek daar en dan vir hom ’n platekontrak gegee het.
Video: Onderhoud met Bok Radio waar Elandré ’n platekontrak van Select Musiek ontvang het:
Sy eerste album, “Kleindorp-dromer” is in 2017 bekendgestel en met die album betree Elandré sy regmatige plek in die Afrikaanse musiekmark. Die album het in 2019 platinumstatus bereik.
Elandré by die Ghoemas 2018:
Hier is ’n paar van Elandré se musiekvideo’s:
Volg hom op sosiale media: