
Die ouer generasie het Edgar Rice Burroughs se beroemde oerwoudheld leer ken in swart-en-wit naweekflieks in die dorpsaal, hand aan hand met die harde Westerns. En danksy Groep 7 Drukkers wag daar nou ‘n hele wêreld avonture vir ’n nuwe geslag Afrikaanse lesers – die hele reeks van 24 boeke is pas weer in Afrikaans vrygestel.
Na ‘n kortstondige periode in die beskawing, keer Tarzan terug na die oerwoud in Afrika waar hy grootgeword het. Hier hoor hy vir die eerste keer van Opar, die stad van Goud, ‘n laaste oorblyfsel van die legendariese Atlantis. Dis ‘n stad van afskuwelike mans — en beeldskone, barbaarse vroue, regeer deur La, Hoë Priesteres van die Vlammende God. Sy altare is gevlek met die bloed van vele offers. Onbewus van die gevare, lei Tarzan ‘n groep barbaarse krygsmanne na die antieke kerkers en geheime van Opar…
Volgens die resensent Jean Meiring bied die reeks nog heelwat leesplesier in helder, veerkragtige Afrikaans – al is baie van die stories welbekend en ’n paar dekades oud.
Lees die volledige resensie van Tarzan keer Terug en die reeks op Netwerk24. Klik hier.
Lees meer oor die reeks by Groep 7 Drukkers. Klik hier.