Skoolgereedheid

Skoolgereedheid

Die sprong na graad 1 is ’n baie groot een. Vir hierdie oorgang om suksesvol te wees, is dit belangrik dat leerders oor die nodige vaardighede beskik. Met hierdie skoolgereedheidsprogram, in samewerking met Oasis Club Learning, help ons ouers om probleemareas te identifiseer en die nodige stappe te neem indien hulle vermoed hul kinders is nie skoolgereed nie. Ingesluit by hierdie program is ’n volledige lys van verwagte uitkomste vir graad R-kinders (volgens CAPS sowel as eksterne bronne), ’n dokument met praktiese take waarmee die bostaande uitkomste gemeet kan word (en hoe om dit te meet) en ’n lys van lesse en aktiwiteite wat aangebied kan word indien ‘n kind met spesifieke uitkomste sukkel.

*Let wel, indien jy vermoed jou kind mag dalk nie skoolgereed wees nie, is dit belangrik om ’n kundige te raadpleeg.

Skoolgereedheid