Luister hier na die eerste episode van Padkampstories:
Luister hier na die tweede episode van Padkampstories:
Luister hier na die derde episode van Padkampstories:
Luister hier na die vierde episode van Padkampstories:
In hierdie spesiale episode kombineer Johan 3 stories uit die bundel. Hy sluit ook ‘n kort stemgreep van Amanda Greeff in om iets te vertel oor die derde storie.
Luister hier na die vyfde episode van Padkampstories:
Amanda Greeff se boek, Padkampstories, is deur Cordis Trust Publikasies uitgegee en word deur Johan Allers voorgelees.
Meer oor Amanda Greeff
Suid-Afrika het oor baie jare sy padstelsel geskep met projekte wat die werkers na aan die projekte laat woon het met groot ontwrigting vir gesinne. Die skeppende, kleurvolle debuut van Amanda Greeff, wat self in ‘n padkamp grootgeword het, Padkampstories, is kultuurhistories spesiaal. Dit kom uit die tyd van Dippety-Do en Vitalis, vis-en-tjips-kafee-etes, inryteaters en die padkampkultuur van reguitbane en kronkelpaaie, brûe-bou en leegtes sleep. Op haar unieke manier het Amanda gerelativeer en die basiese roetine, groot vrese en klein vreugdes van padkampkindertjies oor die hele wêreld heen, beskryf.
Amanda Greeff se boek, Padkampstories, is deur Cordis Trust Publikasies uitgegee en word deur Johan Allers voorgelees. Dr. Fanie Marais, die stigter van die Cordis Trust, beskryf die trust as ’n gedenktrust met mikpunte om projekte te befonds en fasiliteer op die gebied van deernis, Afrikaanse woordkuns en die boodskap van hoop. Cordis Trust Publikasies is ’n nisuitgewer om hierdie doelwitte te ondersteun.
“Die publiseer van egte stories wat gehoor moet word, veral uit tydperke vir talle onbekend, geniet voorkeur,” meen hy. “Amanda Greeff is ’n uitstekende storieverteller wat daarin slaag om die hart van die gebeure op ’n treffende en aandoenlike wyse vry te laat om inslag by lesers en hoorders te vind.”
Amanda Greeff
Amanda Greeff as eenjarige (links) en haar eerste skooldag.
Amanda Greeff en haar ma.
Amanda Greeff en haar boetie, Werner.
Amanda Greeff by haar pa se Zephyr.
Wie is Johan Allers?
Johan Allers, vroeër bekend as “ons man in die buiteland”, het in 54 lande as buitelandse korrespondent vir die SAUK gewerk. Gedurende hierdie tyd ontvang hy twee Artes-nominasies, en kry hy ook die geleentheid om onderhoude met talle wêreldleiers van sy tyd te voer, insluitend Nelson Mandela, Thabo Mbeki en die hele grand elite. Sy laaste werk vir Suid-Afrika was twintig jaar gelede – Trippe Trappe Trone vir Kyknet saam met Amanda Strydom en daarna ‘n kort reis deur die suide van Amerika saam met Valiant Swart (Veertig Dae deur die Delta).
“Die maak van die potgooie is ‘n terugkeer na twintig jaar van weg wees van my groot liefde en passie, Afrikaans, die woordkuns en ons mense. Dit is die naelstring wat my aan my mense bind.
“Dankie aan Afrikaans.com wat my, na al hierdie jare in Nederland, weer die kans gee om my stem in my taal te gebruik.”
Johan Allers
Uitstekend voorgelees deur Johan Allers en ‘n puik skrywe deur Amanda Greeff. Kyk gerus na hierdie video op YouTube: https://www.youtube.com/watch?v=9M9Sf7bRQko&list=PL2iMXIPpRbCcge-rYt60U2wTeG8nwKOv_&index=45