Afrikaans.com

Ons storie

Ons kan hier ons eie storie met jou deel. Oor hoe ‘n passie vir Afrikaans sedert 2016 gegroei het tot ’n organisasie wat die taal, sy diversiteit en skoonheid vier, verken en bemagtig.

Maar Afrikaans.com gaan nie oor óns nie. Dit gaan oor die taal en sy mense.

Dit gaan oor die mense wat Afrikaans voete gee, die mense in wie se mond die taal verskillende vorme aanneem, dit gaan oor die organisasies wat die taal bevorder en geleenthede wat die taal vier.

Dit gaan daaroor om ’n saamkomplek te skep vir mense wat lees, leer, luister, kyk, koop en hoop in hul taal.

Dit gaan oor diegene wat lag, lekkerkry en lééf in Afrikaans. Dié wat makietie hou in hul taal, geraas maak in hul taal en meeste van alles… trots is op hul taal.

Ons is hier om húlle stories te vertel.

Hou Afrikaans.com dop vir alles oor Afrikaans… in Afrikaans.

*Afrikaans.com word deur die Trust vir Afrikaanse Kuns, Kultuur en Erfenis (TAKKE) gefinansier.

Afrikaans.com-span

Afrikaans.com Span

Milanie Vosloo
Projekbestuurder
mv@uppe.co.za

Afrikaans.com Span

Nicolette van Schalkwyk
Webredakteur
nicolette@uppe.co.za

Afrikaans.com Span

Lara Erasmus
Inhoudsredakteur en assistent projekbestuurder
lara@uppe.co.za

Afrikaans.com Span

René Arendse
Gemeenskapskoördineerder
rene@afrikaans.com

Afrikaans.com Span

Kelly Forsyth
Kunshoof
kelly@uppe.co.za

Afrikaans.com Span

Verona Coetzer
Tegniese bestuurder
verona@uppe.co.za

Annelie van Jaarsveldt

Annelie van Jaarsveldt
Hoof: Mediaskakeling
avjhome@mweb.co.za

Kontak ons gerus by myafrikaans@afrikaans.com vir meer inligting.

Projekte

Afrikaans.com Projekte

Organisasies vir Afrikaans

Afrikaans.com Organisasies

Verskilmakers

Afrikaans.com Verskilmakers