TAALNUUS
bordspeletjie

Afrikaanse bordspeletjies vermaak oud en jonk.

Die vervaardigers van bordspeletjies in Afrikaans, die maatskappy Spoetnik, is onlangs deur die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) vereer. Dr Danie Langner, uitvoerende hoof van die FAK, het erkenning gegee aan die rol wat Spoetnik vervul – nie net om gesinsbande te versterk nie, maar ook die manier hoe hierdie…

Lees meer

Nuwe avonture wag op Karen

Skrywer: Alita Steenkamp Wie sou nou ooit kon dink dat een van die engele in die 1990-produksie van Joseph and the Amazing Technicolor Dreamcoat uiteindelik ʼn ware engel vir die Afrikaanse kunste en televisie sou word. ʼn Engel wat soveel dinge soos die Silwerskerm Filmfees, die Fiësta- en Ghoema-toekennings, ʼn…

Lees meer
Gedigtefees in McGregor

Gedigtefees in McGregor: 19 – 21 November 2021.

Tuin van die Beminde / Garden of the Beloved. Een van die jaarlikse hoogtepunte op die Wes-Kaapse feeskalender is die Gedigtefees, wat al sedert 2013 in die lieflike dorpie McGregor aangebied word. Hierdie heerlike samekoms bring digters en liefhebbers van poësie van heinde en verre bymekaar, om oor hierdie spesiale…

Lees meer
Pendoring

Twee van Afrikaans.com se advertensies is vir ’n Pendoring-toekenning genomineer

Afrikaans.com-advertensies genomineer vir gesogte toekenning Dit is met groot opwinding dat ons aankondig dat twee van Afrikaans.com se advertensies vir ’n Pendoring-toekenning genomineer is. Die Pendoring-toekennings is een van Suid-Afrika se mees gesogte advertensietoekennings. Die doel van die kompetisie is om die rykheid van Suid-Afrika se kreatiewe inhoud te vier…

Lees meer
Rolene Strauss

Maak selfvertroue jou super power.

Voormalige Mej. Suid-Afrika en Mej. Wêreld (2014) Rolene Strauss, het geen bekendstelling nodig nie. Die beeld wat sy uitstraal is een van selfvertroue … iemand wat gemaklik is in haar eie vel. Daarom kom dit as ‘n groot verrassing wanneer ‘n mens lees dat sy vanaf haar tienerjare self met…

Lees meer

Die Latté-effek … moenie in hierdie finansiële wip beland nie.

Skrywer: Lindie van Gass Die latté-effek is bekend gemaak deur die Amerikaanse skrywer, David Bach. Die konsep is redelik eenvoudig: klein bedrae wat ons gereeld spandeer, kos ons baie meer as wat ons dink. In Afrikaans sal ons dalk beter verstaan as ons daarna verwys as die ‘Laat hy’-effek, want…

Lees meer

Afrikaanse Taalraad (ATR) stel nuwe direksielede bekend

Die Afrikaanse Taalraad verwelkom graag drie nuwe direksielede wat tydens ʼn onlangse jaarvergadering aangestel is. Die nuwe lede op die direksie is: Basil May, voorsitter van PanSAT se Wes-Kaapse Komitee asook voormalige rektor van die Wesley-onderwyskollege in Soutrivier; stigter van die Railton Foundation in Swellendam, wat beurse vir universiteitstudie aan…

Lees meer

Lekkeslaap: Spreek jy hierdie plekname reg uit?

Skrywer: Lekkeslaap.co.za – Adriëtte le Roux  Praat jy ook sagter as jy Pniël moet sê? Studeer jou kind op Stellenbosch of Stellenbos? Bly PE  maar vir jou PE, oor jy elke keer in ’n sweetjie uitslaan voor jy Gqeberha moet sê? Lekkeslaap is die maklikste manier om akkommodasie in Suid-Afrika…

Lees meer
Vryskutvertalers

’n Praktiese gids vir vryskutvertalers in Afrikaans.

Bron: Persverklaring “Met hierdie gids kry die ervare én beginnervertaler bruikbare wenke om die vertaalagentskapmark te betree. Wat waarde tot hierdie gids toevoeg, is praktiese voorbeelde van ’n tipiese CV en dekbriewe wat op vertaalagentskappe gerig is. Boonop word alles in keurige Afrikaans beskryf en vir die Suid-Afrikaanse konteks aangepas.”…

Lees meer
Sesotho

Leer Sesotho … in Afrikaans!

In Suid-Afrika is meertaligheid nie net ‘n realiteit nie, dis ‘n voorreg. Dis immers net in ons pragtige land waar burgers en besoekers kan spog met 11 amptelike tale. Terwyl Afrikaans altyd ons liefling-taal sal wees en bly, omarm ons daarom meertaligheid en wil ons jou graag bemagtig om meer…

Lees meer